Herrie oor ‘plaag’ van bosluisvoëls

2016-03-24 06:00
’n Broeikolonie bosluisvoëls (of vee-reiers) wat hul intrek in Jeffreysbaai se bome geneem het, het inwoners die harnas in. Foto: MONIQUE BASSON

’n Broeikolonie bosluisvoëls (of vee-reiers) wat hul intrek in Jeffreysbaai se bome geneem het, het inwoners die harnas in. Foto: MONIQUE BASSON

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

ONWELRIEKENDE bure, oftewel ’n broeikolonie bosluisvoëls (of vee-reiers) wat hul intrek in Jeffreysbaai se bome geneem het, het inwoners die harnas in.

Ontstoke inwoner Nickey Pienaar, wat in die woonstelblok, Casablanca, in Drommedaris-straat woon, sê hul woonstel is letterlik ’n meter van die naaste broeiplek. Ongeveer 800 bosluisvoëls broei in die boom wat teen die grensmuur van die erf langsaan groei. Volgens haar neem die voëls se getalle by die dag toe.

Pienaar sê hulle sukkel al vir die afgelope vyf maande om van die voëls ontslae te raak. Net toe die eienaar van die erf waarop die boom groei, toestemming gee dat die boom wel afgekap mag word, steek die Departement van Natuurbewaring ’n stokkie daarvoor.

“Ons het probeer om ons eiendom teen die plaag te beskerm, en het begin om die oor-hangende takke af te saag, maar ons het ons spoedig in dié departement vasgeloop,” sê Pienaar.

“Die vere, geraas, stank, mis, bosluise, vlieë en dooie kleintjies is onuithoudbaar. Dit lyk sleg. Snags kan ons nie slaap nie. Ek moes ’n voorskrif van my dokter kry net om vir ’n paar ure te kan slaap. Niemand kan dit waag om ’n venster of deur oop te los nie. Die vere en ’n wit poeier lê sentimeters dik op die grond na die voëls saans hier teen 18:00 van hul ‘daguitstappie’ na hul ‘huis’ terugkeer,” sê sy. “Buiten die reuk en geraas, moet ons elke oggend ons stoep afspuit om van die voëlmis ontslae te raak.

“Dié voëls hou verder ’n ernstige gesondheidsprobleem in. Almal in die woonstelblok is besig om siek te raak. Kinders moet nood-gedwonge uit die skool weens asma- en sinus-probleme gehou word.”

Volgens Kouga munisipale woordvoerder, Laura-Leigh Randall, het die munisipaliteit se omgewingsgesondheidsinspekteur verle-de week in Drommedarisstraat gaan ondersoek instel.

“Die inspekteur het reeds ‘n brief vir die eienaars van Casablanca geskryf en hulle gewaarsku oor die probleem.”

Vervolg op bladsy 2

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.