‘Hondjie-dood’ lok gesprek uit

2016-04-07 06:00
Johan Scholtz.

Johan Scholtz.

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

NA die artikel Hondjie slagoffer van roeke-lose bestuurder in die Kouga Express op Maart 31, en Onderwyser ploeg deur mure in Wavecrest op 24 Maart, het kommentaar van die publiek ingestroom.

Die mense het die volgende te sê gehad:

Johan Scholtz (74) van Astonbaai sê daar is skynbaar ’n kultuur van wetteloosheid onder baie bestuurders in Jeffreysbaai. Stopstrate skyn nie te bestaan nie, spoed is aan die orde van die dag. Hy bestuur sedert 1959 en het nog nooit ’n ongeluk veroorsaak of ’n dier raakgery nie. Hy ry op sy ouderdom nog motorfiets en sy wagwoord is: “Kyk waar jy ry, maar veral: Ry waar jy kyk!”

Dylan Pietersen (21) van PE en Lourika de Klerk (21) van Jeffreysbaai: Port Elizabeth en Jeffreysbaai verskil nie veel van mekaar wat wetteloosheid betref nie. In Jeffreysbaai kan sirkels net sowel verwyder word, so min weet talle bestuurders van die reëls. Hoewel daar soms diere op die strate is, kan hulle, vanweë hul gedissiplineerde spoed, altyd stop. Dylan reken mense gaan by ander motors verby wanneer die geleentheid hom voordoen – afgesien van watter strepe ook al op die pad geverf is.

Dirk du Plooy (69) sê dit lyk asof verkeerbeheer in Jeffreysbaai nie bestaan nie. In Pelikaansingel, ’n binnepad in Astonbaai, is daar mense wat roekeloos bestuur. Selfs in Apiesdraai, waar deesdae glo spoedkameras is, jaag motoriste na en van Tokyo Sexwale asof mens en dier hulle nie pla nie. Hy meen mense en diere is in gevaar en vra veral dat spoedhobbels in Pelikaansingel aangebring moet word.

Johnny van Wyk, nutsman in Jeffreysbaai, ry fiets vanaf Kruisfontein. Hy sê hy weet nie eers waar om te begin om te beskryf hoe mal party mense ry nie. Hy is onlangs deur ‘n trok katswink gery toe hy by ‘n oorgang loop. “Ek loop nog so toe word ek in die hospitaal wakker”. Die saak is nog hang-ende.

“Die mense overtake op draaie en bulte en met voetgangers wat van die pad af moet val om te leef. Dis malligheid vir ons wat so oop ry”, sê Johnny.

Tania Henning, ‘n kompleksbewoner met fisiese beperkings, meen daar is padverbruikers wat ordentlik en bedagsaam is, maar ander ry soos padvarke. “Al is dit jou beurt om te ry, jaag hulle só, dat jy behoorlik moet rem aanslaan.”

Hazel Nakas, ‘n huishoudster, wat in Jefrreysbaai tot by die taxi-punte voetslaan, sê daar is onverskillige bestuurders. “Mens moet maar oplet voor jy ‘n straat oorsteek, en nie net aanneem iemand gaan by die voet-oorgang stop nie, maar nie almal nie.”

‘n Beskaafde motoris lig haar mening: “Een van die grootste skrikwekkings vir ons wat wel oplet en versigtig ry, is die kinders en Saterdag-besopenes wat blindelings oor die pad tussen Jeffreysbaai en Astonbaai hardloop of slinger. Om van die plaasdiere daar nie eens te praat nie. Dit word net erger.”

Fred Kieck: Die artikel Hondjie slagoffer van roekelose bestuurder, is sekerlik die swakste artikel wat nog ooit in die Kouga Express verskyn het. Dit is deurdrenk met veralgemening, moedswilligheid en bevooroordeeldheid.

Die ‘joernalis’ wat navorsing gedoen het oor hierdie onaangename insident, het glad nie homself goed van sy taak gekwyt nie ...

Die eienaar van ‘n hond is altyd verant- woordelik vir die welstand en veiligheid van daardie dier. Hierdie eienaar is 100% verantwoordelik vir die hond wat doodgery is; nie die bestuurder van die voertuig nie, maar die eienaar.

‘n Baie swak artikel, en stel my persoonlik baie teleur in Kouga Express.

Facebook:

Claire West: So jammer vir julle verlies. Hoop daai wetter word vasgevang! Sulke wreedheid tussen normale mense is afgryslik.

Natassja Ungerer Barnard: Toe ek die artikel en foto sien, toe dog ek: jis is dit regtig nodig vir die direkte beskrywings en fotos? Maar dit is ... Gister spitstyd oppad poskantoor toe, het ek drie honde in Da Gamaweg gesien.

Asseblief mense kyk na julle diere. Dit maak my so seer. Wat as hierdie my hond was? Nes ’n ongeluk vinnig gebeur, net so vinnig gebeur dit dat jou hond uitglip. Maar los alles net daar en dan. Ry die strate plat. Gebruik jou buurtwag, whatsapp en kry jou hond.

Hierdie keer was dit ’n hond, maar volgende keer is dit ’n 3-jarige wat gou na die bure toe hardloop.

Die drywers ... Jesus slaap nie.

Thea van Rensburg: Streets are dangerous for animals and not a play area for children. Although speed is a huge problem, it cannot without proof be said that someone was speeding. If an animal runs into the road and there’s an approaching car, do you avoid the animal and rather go for a head-on collision? I agree that you stop and see if you can help.

Die laaste woord: Uiteraard is daar wetgehoorsame, bedagsame bestuurders – en mens veralgemeen nie net of stereotipeer nie – maar ‘n taamlike aantal boeliebestuurders, jaagduiwels en wetsoortreders versondig ons paaie.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

10 gorgeous plus-sized models who aren't Ashley Graham

Here are just ten of our favourite plus-sized models:

 
 

You won't want to miss...

WATCH: Pornhub is giving users free access to premium content these holidays
5 top leg exercises for men
10 best dressed men of 2017
How to open a beer bottle without an opener
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.