Hondjie slagoffer van roekelose bestuurder

2016-03-31 06:00
’n Jack Russell-hondjie wat per ongeluk by sy eienares se erf in die pad beland het, is Sondag deur ’n roekelose bestuurder doodgery en in die pad agtergelaat.       Foto: MARINDA HOUGH

’n Jack Russell-hondjie wat per ongeluk by sy eienares se erf in die pad beland het, is Sondag deur ’n roekelose bestuurder doodgery en in die pad agtergelaat. Foto: MARINDA HOUGH

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

IN die jongste voorval van nalatige bestuur in Jeffreysbaai is ’n klein Jack Russell-hondjie wat per ongeluk by sy eienares se erf in die pad beland het, Sondag deur ’n roekelose bestuurder aan die regterkant van Mopanie-straat in Wavecrest doodgery en in die pad agtergelaat.

Marinda Hough van dié woongebied het Saterdagmiddag, na ’n dringende oproep, vir haar ouers wat in die bediening is, gevra om onverwyld na ’n bejaarde gemeentelid te gaan. Die vrou het in haar badkamer geval en vir die grootste deel van die dag in haar bad deurgebring. Toe hulle haastig vertrek, het die opregte Jack Russell by die oop hek uitgeglip en is skynbaar byna dadelik daarna deur ’n motoris aan die regterskouer van die pad doodgery.

Daar is ’n enkele sterk remmerk van omtrent ’n halwe meter op die teerpad. Dit lyk asof die regtervoorwiel oor die hondjie se kop gery het, omdat daar ’n groot bloedplas en dele van die brein op die toneel agtergelaat is. Dit is moeilik om te verklaar waarom die dier feitlik heel regs van die pad raakgery is deur ’n motor wat links moes ry, en getuienis dui daarop dat die daad doelbewus gepleeg is.

Verskeie inwoners en besoekers kan getuig teen watter geweldige spoed motoriste in Mopanie- en ander strate, soos Dogwood en Noorsekloof, jaag. Dis is ’n uiters gevaarlike sone, omdat daar verskeie van die huise se uitgange na die strate om ’n skerp draai geleë is. Die pad is nie breed genoeg om ’n voertuig wat by ’n erf wil indraai, kans te gee totdat die hek oopgaan nie. Die spoed waarteen gejaag word, stel nie net sulke motors nie, maar ook voetgangers en hulle diere aan leibande in gevaar. Om nie eers van spelende kinders te praat nie.

Marinda sê sy besef die hondjie het per ongeluk uitgekom, maar dat enige motoris teen so ’n spoed van bo-af kan kom, ’n diertjie dood-ry en dan summier wegjaag, is koelbloedig en onaanvaarbaar. Die jaer het blykbaar gemaak dat hy of sy vinnig wegkom, want die diertjie se liggaam was nog warm ’n tyd na dit gevind is. Die tydsverloop dui daarop dat geen poging aangewend is om na ’n eienaar te soek nie. Dit skyn asof die motoris nie eens moeite gedoen het om te stop nie. Sy vra dat, as daar enige ooggetuie was, hulle haar deur Kouga Express sal kontak, sodat sy die saak kan opvolg.

“My hart is stukkend oor my hondjie, maar my eintlike besorgdheid gaan oor die kinders wat dikwels in die straat speel en ook in ander stiller strate. Dit sal ’n ramp wees as die jaag-duiwels een van hulle tref,” sê Marinda, ook ’n plaaslike predikant.

Maandag het daar ook in St Francisbaai ’n soortgelyke ongeluk plaasgevind.

Dit is stellig lankal tyd dat roekelose jaag-duiwels in Jeffreysbaai en omgewing deur streng wetstoepassing vasgevat word. Stop- en ander tekens word gereeld bloot geïgnoreer, daar word sinneloos by sirkels bestuur en baie mense skyn nie te weet wat ’n geel robotlig beteken nie. Veral in Jeffreysbaai is ’n kultuur van swak bestuur. Ongelukkig doen vakansiegangers mee. Die publiek wat erns maak met verstandige padgebruik, het sekerlik die reg om te eis dat Jeffreysbaai se oortredende padgebruikers ten strengste gestraf word.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

10 gorgeous plus-sized models who aren't Ashley Graham

Here are just ten of our favourite plus-sized models:

 
 

You won't want to miss...

WATCH: Pornhub is giving users free access to premium content these holidays
5 top leg exercises for men
10 best dressed men of 2017
How to open a beer bottle without an opener
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.