Hope plaaslike talent by die Makietie

2018-09-20 06:01
Die Aqua Ritmiese Gimnastiekklub tree Vrydag by die Makietie op voor hulle Oostenryk toe gaan om deel te neem aan die 2019 Wereld Gimnaestrada. Die groep sluit in (agter) Monique Kleingeldt, Zimbini Quza, Nazneen Hammond, Leane’ Muller, Engela Dempsey, Elizna Heymans, Kayla Oosthuizen, (voor) Aubralene August, Kayla Lotter, Kima Strydom, Alet Bezuidenhout, Simone’ van Jaarsveld, Karla Muller en Heulen Dempsey.                         Fotos:VERSKAF

Die Aqua Ritmiese Gimnastiekklub tree Vrydag by die Makietie op voor hulle Oostenryk toe gaan om deel te neem aan die 2019 Wereld Gimnaestrada. Die groep sluit in (agter) Monique Kleingeldt, Zimbini Quza, Nazneen Hammond, Leane’ Muller, Engela Dempsey, Elizna Heymans, Kayla Oosthuizen, (voor) Aubralene August, Kayla Lotter, Kima Strydom, Alet Bezuidenhout, Simone’ van Jaarsveld, Karla Muller en Heulen Dempsey. Fotos:VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

VERSKEIE plaaslike kunstenaars sal feesgangers vermaak by Jeffreysbaai se Kwêla Dorp van Jaar makietie die naweek.

Die KIA Makietie Jeffreysbaai vind plaas by die Jeffreysbaai Karavaanpark in Da Gamaweg vanaf 3nm op Vrydag tot 3nm op Sondag, 23 September.

Die verhoogprogram skop Vrydag om 5nm af met twee plaaslike groepe, die Happy Feet-lyndansers en Aqua Ritmiese Gimnastiekklub, wat eersdaags deelneem aan die 2019 Wêreld Gimnaestrada in Oostenryk.

“Ons is baie opgewonde dat ons hierdie talentvolle jong mense sal kan sien optree voordat hulle oorsee gaan,” sê Kouga-burgemeester Horatio Hendricks.

Kouga se brandweer sal Saterdag om 11vm parade hou en die Sea Vista-kadette sal om 5:30nm die toon aangee vir die groot Kwêla-program wat om 6nm begin.

Hoof organiseerder, Leilani Coetsee, sê plaaslike skole is ook betrek en dat meer as 200 leerders hul talent ten toon sal stel vanaf 11:00 tot 13:00 op Saterdag.

Ander plaaslike kunstenaars wat Saterdag sal optree, sluit in sangers Annabelle Hift en Frikkie Mulder.

Sondag se program sal op ‘n gewyde noot begin, met verskeie kerke wat by die feesterrein saamkom om diens te hou. Die “Victory Church Worship Band”, NG Kerk Jubelkoor, Kouga munisipale koor en verskeie plaaslike gospelsangers sal deur die loop van die oggend optree.

Die makietie sluit die middag op ‘n klassieke noot af met plaaslike kunstenaars Franz Geldenhuys, Menno Mostert en Petri van Blommenstein.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.