Hulle het die ‘groot K’ oorleef

2016-10-13 06:00
Esmé van Niekerk

Esmé van Niekerk

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

IN Jeffreysbaai, soos elders, is waarskynlik meer vroue wat borskanker geklop het as wat algemeen bekend is. Maar twee van hulle wat deur aktiewe optrede, positiwiteit en geloof die siekte die stryd aangesê het en genadiglik oorwin het, het hulle harte vir ons oopgemaak. Hulle is Vera Senekal en Esmé van Niekerk, albei van Astonbaai.

Vera het in 2012 onverwags ’n groot knop in die bors ontdek en op aandrang van ’n vriendin dadelik haar huisdokter gaan spreek. Na afhandeling van die toetse, het sy ’n enkel mastektomie ondergaan, gevolg deur 13 chemoterapie-sessies en 36 bestralings. Daarna het opvolg-besoeke gevolg: eers een keer elke vier maande, toe halfjaarliks en daarna een keer elke jaar. Sy is vanjaar kan-kervry verklaar.

Vir haar is die wil om die siekte te beveg, die vinnige reaksie, weiering om deur allerlei negatiewe emosies oorweldig te word en ’n vaste vertroue op wat sy hoop, die vernaamste faktore wat tot haar genesing bygedra het.

Sy raai ook gereelde mammogramme en ander toepaslike toetse aan, en ’n goeie fisiese ondersoek een keer per jaar.

Esmé was vir dertig jaar verpleegsuster, en voor aftrede by ’n distrik se mobiele kliniek betrokke. Ook sy het haastig werk gemaak van die probleem nadat sy, soos vroue dikwels doen, die simptoom geïgnoreer het. Na vele skanderings en ander prosedures het sy die kankerdiagnose gelate en gelowig aanvaar. Daarmee het kommer verdwyn. Sy het in Kaapstad ’n enkel mastektomie ondergaan en toe ses chemo-behandelings in Port Elizabeth. Ook haar skildklier is as voorkoming gedeeltelik verwyder.

Sy het groot lof vir die positiwiteit van kan-kerpasiënte wat saam in ’n saal behandeling ontvang, en veral vir die vriendelikheid en gerusstelling van die personeel. Hul gesindheid maak dat pasiënte meer gerus word en nie aan negatiewe emosies toegee nie.

Sy het sedertdien ’n paar keer wandelpaaie in Spanje aangedurf en stap steeds lang ente langs die see. Haar werk en vertroue het haar deur die krisis gedra. Selfs toe haar hare uitval, het sy besef dis verganklike dinge. Sy het heelhuids deur die stryd gekom en leef ’n gesonde lewe.

Sy weerhou haar van verwerkte kosse, nie soseer weens die eertydse siekte nie, maar bloot vanweë haar mening dat vars voedsel gesonder is. Sy glo ook dat die liggaam se Godgegewe natuurlike genesingsproses die groot faktor in gesond word is.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

Men.24 Model of the Week: Wendy from Cape Town

Find out more about our featured model, Wendy from Cape Town

 
 

You won't want to miss...

Who are the highest paid models of 2017?
10 gorgeous plus-sized models who aren't Ashley Graham
WATCH: Pornhub is giving users free access to premium content these holidays
5 top leg exercises for men
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.