Hulle maak Astonbaai nuut

2016-05-05 06:00
Ria du Toit, James Waite, Alice de Bruin, Casper Gelderblom en André Bothma is betrokke by die verfprojek in Astonbaai.

Ria du Toit, James Waite, Alice de Bruin, Casper Gelderblom en André Bothma is betrokke by die verfprojek in Astonbaai.

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

VAN twee inwoners se ideaal het dit gegroei tot ’n opwindende groep werkers wat die voorstad, Astonbaai, op hul hart dra.

Die Aston Bay Upliftment Projects het verlede jaar in November gestalte gekry nadat Tilly Bothma en Ben Wiese vir ’n tyd lank oorweeg het watter bydrae die pu-bliek kan lewer om die dorp se voorkoms te verbeter. Dieselfde dag het hulle entoesiastiese terugvoer op die Astonbaai WhatsApp-groep ontvang toe verskeie mense besluit het om deel van die inisiatief te word.

Die doelstelling van die groep is om Astonbaai tot sy oorspronklike skoonheid te herstel. Hulle sou poog om ’n goedversorgde voorstad te ontwikkel – met mooi parke, skoon strande en ’n veilige omgewing. Hulle hoop was dat dié faktore mettertyd sou lei tot ’n beter reputasie van die voorstad en huispryse bestendig sou maak.

In 2015 is begin om sypaadjies en oop erwe skoon te maak, stopstraattekens te verf, sekere afvalprodukte te hersirkuleer en die strand skoon te hou. Hulle toewyding en die resultate van hul werk kan nie misgekyk word nie. Dit bly nie net by praat en beplan nie. Hierdie mense uit alle dele van die samelewing beplan groot en werk hard.

Die bestuurslede van die Aston Bay Upliftment Projects is soos volg.

. Algemene bestuur van projekte en inkomste: Tilly Bothma.

. Interaksie tussen die munisipaliteit en Aston Bay Upliftment Projects: Derek Askew.

. Skoonmaak van randsteen- en waterafloopareas: Ben Wiese.

. Skoonmaak van strand en hersirkulasieprojek: Colin Brooks.

. Koördinasie van die weeklikse hersirkulasieprojek: Willie Bezuidenhout.

. Natuurbewaring: Hennie Swanevelder.

. Buurtwagpatrollie: onder leiding van Roy Ribeiro.

Hulle kry samewerking van die Kouga-munisipaliteit wat verf en ander goedere beskikbaar stel.

Hierdie is ’n groep om dop te hou.

Vir bydraes of meer inligting, skakel Tilly Bothma by 081 482 2125 of 042 292 0892.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.