Humansdorp: Hoërskool Nico Malan gryp Vlymskerp-vasvra

2019-10-10 06:00
Tasmia Ismail, bestuurder van EP Media (heel regs), wens die span van die Hoërskool Nico Malan geluk ná hul oorwinning in die Vlymskerp-vasvra. Van links is Carli Kleu, Wilmien van Biljon, Tiaan Moore, Mariche Watermeyer en Ismail.               Foto:TANYA VAN ZYL

Tasmia Ismail, bestuurder van EP Media (heel regs), wens die span van die Hoërskool Nico Malan geluk ná hul oorwinning in die Vlymskerp-vasvra. Van links is Carli Kleu, Wilmien van Biljon, Tiaan Moore, Mariche Watermeyer en Ismail. Foto:TANYA VAN ZYL

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIE Hoërskool Nico Malan het tydens Die Burger ATKV Vlymskerp-vasvra vir 2019 met die louere weggestap.

Dié span van Humansdorp, bestaande uit Carli Kleu, Wilmien van Biljon, Tiaan Moore, en Mariche Watermeyer, was vlymskerp toe die eindronde Vrydag by die Laerskool Sunridge in Port Elizabeth gehou is.

Die wenspan het sake teen 18 ander spanne van verskillende skole uitgespook om die eindronde te wen.

Nico Malan se teenstanders in die eindronde was die spanne van die Hoërskool Otto Du Plessis en die Hoërskool Paul Sauer.

Die kompetisie het die leerlinge se kennis in taal, musiek en algemene kennis getoets.

Vrae vir die kompetisie is vanuit die Die Burger Oos-Kaap se uitgawes opge-stel.

Die skool wen R10 000 se advertensies in Die Burger, R5 000 kontant vir die skool, en R1 200 per spanlid.

Die skole wat vanjaar meegeding het is: die Hoër Volkskool, Gill College, Hoërskool Despatch, die Hoërskool Kirkwood, die Hoërskool Cradock, Gelvandale High School, die Hoër Landbouskool Marlow, Pearson High School, die Hoërskool Framesby, die Hoërskool Nico Malan, Grey High School, die Hoërskool Paul Sauer, die Hoërskool Andrew Rabie, die Hoërskool PJ Olivier, Alexander Road High School, Global Leadership Academy, die Brandwag Hoërskool, die Hoërskool DF Malherbe en die Hoërskool Otto du Plessis.

NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.