Humansdorp Moedergemeente hou basaar

2019-04-04 06:00

OUWÊRELDSE basaar met keurige gebak en kraakvars produkte . . .

Die NG Moederkerk Humansdorp hou op Saterdag, 6 April vanaf 08:00 basaar by die kerk op die hoek van Hoof- en Kerkstraat.

Dié feesbasaar is ter viering van hul 170ste verjaardag.

Tafels gaan kreun onder ontbyt, pannekoek, worsbroodjies, poeding, groente, vrugte, jaffels, vleis, braaivleis, vars vleis, kerrie-en-rys, gebottelde produkte en gebak.

Daar is ook ’n potpourri tafel met ’n verskeidenheid van geskenke en naaldwerk-produkte.

En wat is ’n basaar nou sonder ’n snuffeltafel?

Vir die kinders is daar ’n springkasteel, sagte speelgoed en ’n kindertafel.

’n Teetuin sal sitplek bied vir dié met moeë voete en droë kele.

’n Veiling vind om 09:30 plaas. Hier kan basaargangers meeding om ’n jagpakket. Die pakket sluit die skiet van vyf springbokke by Hanover in, asook slaapplek en braaigeriewe.

’n Gholf-naweek vir drie persone by een een van Suid-Afrika se top tien gholfbane - die St Francis Links - is ook op die spel, asook ’n naweek vir vier persone by Simbonga Wildsplaas net buite Jeffreysbaai.

Vir meer inligting, skakel Tonie by 082 520 8282 of Dons by 082 657 0202.

NEXT ON NEWS24X

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.