Inwoner het blink idees

2017-01-26 06:01

OM waterslim te wees, is glad nie moeilik nie en kan huiseienaars baie laat bespaar, sê Marie Bouwer (77) van Wavecrest wat die droogte en waterkrisis ’n uitdaging om water te bespaar vir haarself gemaak het.

“Ek doen ’n paar dinge in en rondom my huis om water te bespaar,” sê Bouwer wat nooit meer as 5 kiloliter water ’n maand gebruik nie.

Heel eerste op die verbode-lys is die natmaak van haar grasperk.

“Ek het in die laaste 29 jaar nog nie een liter water op ’n grasperk vermors nie. Dit is ge-heel en al teen my beginsels. Gras groei weer as dit reën.” sê Bouwer.

“Dink net hoeveel miljoene liter water bespaar kan word as die Kouga-munisipaliteit ’n algehele verbod op die natmaak van gras-perke plaas - al loop die damme oor. Die was van motors en dakke met ’n tuinslang moet ook heeljaar verbied word. ’n Emmer water en ’n lap doen dieselfde werk, en is nog goeie oefening daarby.

Bouwer vertel wat sy alles doen om soveel moontlik water te spaar:

  • Storttyd word tot die minimum beperk;
  • Die water loop nie wanneer tande geborsel word nie;
  • ’n Bak word in die kombuiswasbak gehou om minder water vir skottelgoed was te gebruik;
  • Die wasmasjien se spoelwater word gebruik om beddings nat te maak.

Bouwer sê haar lewe word nie te veel ver-ontrief met die nuwe soort besparingsmaatreëls nie, al kos dit ’n bietjie meer tyd as gewoonlik.

Volgens haar is dit belangrik dat inwo-ners regdeur die jaar water bespaar. “Ons weet nie wanneer en hoeveel dit gaan reën nie, maar ons weet wel dat ons ’n vakansiedorp is en Desembermaand deur besoe-kers oorval word. Dié besoekers, wat vir ’n noodsaaklike ekonomiese inspuiting sorg, moet water hê.

“Ons sit tog nie gou diefwering aan ons deure en vensters as die dief alreeds in die huis is nie, en haal dit dan weer af sodra hy klaar gesteel het nie. Dit is presies wat ons met die waterbesparing doen.”

Haar boodskap aan inwoners is om waterbesparing nie as ’n moeisame taak te beskou nie, maar om klein waterbespa-ringsmaniere in te stel wat op die lang duur ’n verskil sal maak.

Wat doen jy om water te bespaar? Vertel die Kouga Express by kougaexp@media24.com.

NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 

Matric Results are coming soon!

Notify me when results become available

/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.