Japie: troumaal nóú stoetram

2017-11-30 06:00
Japie (links) het binne ’n japtrap diep in die harte van die leerders en onderwysers by die Global Leadership Academy (GLA) gekruip. Selfs die skoolhoof, Marietjie McFarlane, was teen sy sjarme bestand nie.                                               Foto:VERSKAF

Japie (links) het binne ’n japtrap diep in die harte van die leerders en onderwysers by die Global Leadership Academy (GLA) gekruip. Selfs die skoolhoof, Marietjie McFarlane, was teen sy sjarme bestand nie. Foto:VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

VAN troumaal tot stoetram . . .

Of jy hom nou Japie, Blêrtjie of Bobby noem - dis díe een gelukkige skaap wat die slagpale naelskraap vrygespring het. En dit is geen wolhaarstorie nie.

Anthony Jacobs, een van die projekleiers by die Global Leadership Academy in Jeffreysbaai, het gedurende die Junie-vakansie ’n naamlose skaap by die skool aangebring. Die doel? Om hom vir sy troumaal in Desember vet te voer.

Maar skaap en skoolkinders het ’n ander plan gehad.

Die skaap het aanvanklik in ’n hok gebly, maar het gou besef dat die sportvelde veel groener aan die ander kant van sy draadhok is.

Vasbeslote om aan dié gras te smul, het hy met GLA terreinopsigter Kenneth Mandinika vriende gemaak.

“Vanaf daardie oomblik was dit vir hom maklik om met ander mense, veral die leerders, vriende te maak,” sê Stefan Kleyn van GLA. “Vandag, afhangend wie jy vra, is sy naam Japie, Blêrtjie of Bobby.”

“Japie het vinnig in die harte van leerders gekruip en gereeld die oggendsamekoms met ’n harde blêr onderbreek.”

Met die aanhoor van Japie se lot, het die leerders verskeie inisiatiewe van stapel ge-stuur om hom te red: van innoverende fonds-insamelingsprojekte tot Facebook-petisies.

Gelukkig vir Japie het ’n plaaslike boer sy goeie gene as ’n stoetram opgemerk en hom van ’n gewisse dood gered.

Japie is op 24 November na sy nuwe tuiste geneem waar hy die geleentheid sal kry om sy familie-stamboom uit te brei.

“Hopelik sal een van Japie se afstammelinge binnekort deel van die GLA-familie uitmaak,” sê Kleyn.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.