Jeffreysbaai - die lief en leed

2017-03-16 09:53

SOOS die gewoonte is, was Jeffreysbaai en omgewing die afgelope week nie juis rustig soos binnelanders hulle dikwels ’n kusdorp voorstel nie. Tussen die daaglikse sleur, het die drama en nuwe dinge nie uitgebly nie.

  • Tragiese aanval op taxi-mense: Sondagnamiddag kort voor 18:00 is ’n taxi-eienaar, Mhtobeli Matyumza (51), en een van sy bestuurders (Sivuyile Ntontole (32) in die eienaar se huis vóór sy gesin dood-geskiet. Skynbaar het twee mans die huis ingestap en met vuurwapens op die mans losgebrand. Verbygangers is kort daarna begroet deur ’n groot aantal geparkeerde motors en polisieteenwoordigheid voor die moordhuis. Carl Trahms, eienaar van Smhart-sekuriteit, het die ge-sin vroeg Mandag besoek en berig dat die taxi-eienaar se vrou en gesin erg getraumatiseerd is deur die onverwagse en onverklaarbare aanval.
  • Die uiters swak toestand van paaie in Paradysstrand is een van die brandpunte wat hoog op die munisipaliteit se prioriteitslys moet wees. Volgens John Wiehahn, hoof van die buurtwag, is sommige van die paaie in ’n onbehoorlike toestand en is dit moei-lik vir motors om gemaklik te ry. Dit belemmer enige verkeersvloei. Hy het foto’s geneem van die allerswakste dele. Die inwoners van dié deel van Jeffreysbaai kan hulle nie met so ’n swak infrastruktuur vereenselwig nie en sal waarskynlik binnekort indringend met die munisipale owerhede moet skakel.
  • Gevaarlike gebrek aan bestuursvernuf kom steeds voor. Ongeveer tien dae gelede het ’n vrouebe- stuurder volgens ooglopende ge-tuienis en ooggetuies op die onge-lukstoneel voor ’n motorfietsryer ingedraai, sy fiets feitlik afgeskryf en daarna teen ’n ander stilstaande bakkie gebots. Die vrou het op die toneel rondgeloop, maar die motorfietsryer is kort daarna deur ’n ambulans hospitaal toe vervoer.
  • Anina Vlok is gekies as die nuwe bestuurder van Aloes Brutal Fruit Netball. ’n Nog besiger tyd wag vir hierdie reeds aktiewe lid van die bestuur.
  • Smhart-sekuriteit het sy kragtige ystervuis uitgebrei en ’n nuwe tak so vêr soos Canarvon gaan open. Dit is een van die groter Oos-Kaapse dorpe, ongeveer 250km vanaf Port Elizabeth en met ’n inwonertal van omtrent 36 671 (2011-sensus).

Volgens Carl Trahms, eienaar van dié sekuriteitsmaatskappy, bestaan daar ’n groot behoefte in dié dorp na ’n betroubare seku-riteitsgroep met ’n sterk onderbou en agtergrond.

  • Die jonges se gevaarlike, nuwe speletjie - om op die Astonbaai-pad voor motors in te spring - het die week byna tragiese gevolge gehad. Marinda Hough moes verwoed remme aanslaan toe ’n tienstuks latte net ná die Marina Martinique-afdraai op ’n donker, blinde kol in die pad gespring én ’n tak anderkant die pad gelaat het. KB Sekuriteit het kom help.

“Wees versigtig asseblief,” waarsku sy. “Ek beoog om die omliggende skole te betrek om die balhorige jonges hok te slaan.”

  • Intussen loop troppe beeste, bokke, varke en honde ongehinderd teenaan en oor dié gevaarlike roete.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

5 top leg exercises for men

Here’s our selection of the five best leg exercises that you can do in the comfort of your own home.

 
 

You won't want to miss...

WATCH: Pornhub is giving users free access to premium content this holidays
5 top leg exercises for men
10 best dressed men of 2017
How to open a beer bottle without an opener
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.