Jeffreysbaai-egpaar boer met genade

2019-09-12 06:00
Willie en Barbara Malan boer al dekades lank met genade en deur genade.                                         Foto:VERSKAF

Willie en Barbara Malan boer al dekades lank met genade en deur genade. Foto:VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

VIER-en-twintig jaar in Jeffreysbaaai – en al die tyd besig met die hart van hul medemens.

Dit is Willie en Barbara Malan. “Kom uit die Vrystaat – kan maar sê ons het geboer . . .,” maar in die Oos-Kaap boer hul dekades lank al met genade en deur genade.

Hulle het eers ’n Christelike boekwinkel hier bedryf, maar die roeping tot Bybelverspreiding was so intens en persoonlik dat hulle alles prysgegee en net daarop begin konsentreer het.

“Die Gees van die Here het ons ge-leer waar en hoe om Bybels te versprei,” sê Willie. En met Barbara aan sy sy, doen hy dit sonder om veel vrae te vra.

Die verspreiding reik wyd. In Paarl het sokkerafrigter Tony Lichtfield (wat ook saam met Peter Pollock, beroemde SA-krieketspeler, evangeliseer) juis hierdie na-week ’n Bybel-uitreikaksie in dié groot Wes-Kaapse dorp digby Kaapstad.

By Port St Francis werk Daan Reyneke ook onverpoos om gratis Bybels op persoonlike basis aan vissermanne te gee. Hierdie harde werkers word een vir een genader met die Goeie Boodskap, waarna hulle van Bybels voorsien word.

Al die Bybels word kosteloos deur Willie en Barbara se Adonai Bible Ministries verskaf. Ook ander kleiner bedieninge word op dieselfde wyse deur Adonai gehelp.

Hulle koop al hul Bybels by die Bybelgenootskap van SA.

Die egpaar, wie se een dogter in Jeffreysbaai onderwys gee en twee ander kinders oorsee bly, is alge-heel op donasies aangewys vir hul edel roeping.

“Bid in die geloof is die wagwoord,” sê hulle.

In hulle genadewerk word hulle vir dekades al deur Carl Trahms van Smhart Sekuriteit ondersteun. Hy verskaf aan hulle gratis kan-toorruimte wat prakties vir hul doeleindes ingerig is. In dié smaakvolle vertrek val die kollig altyd op ’n aantal Bybels wat op pad is êrens heen. Behalwe vir dié grootse gebaar, verskaf Trahms ook gratis personeelhulp wanneer nodig. “Carl Trahms – groot sakeman, groot hart vir God se werk.”

Hulle toekomsvisie is eenvoudig en treffend – oorvloed Bybels. Hierby kwoteer Willie Romeine 10:17: “Die geloof is deur die gehoor, en die gehoor deur die woord van God.”

Bydraes is welkom: Adonai Bible Ministries, Eerste Nasionale Bank, Jeffreysbaai, tjekrekening 6215 815 0301.

NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.