Jonges raak beter met wetenskap vertroud

2016-08-18 06:00

LEERLINGE van 20 Humansdorpse en Baaise skole het verlede week meer oor wetenskap geleer.

Die Nelson Mandelabaaise wetenskap-en-tegnologie-sentrum op Uitenhage was van 8 tot 13 Augustus die plek vir die Uitenhage-Despatch-ontwikkelingsinisiatief (UDDI) se bydrae tot Nasionale Wetenskapweek, met aktiwiteite en die tema “Wetenskap vir volhoubare ontwikkeling”. Patricia Dlamini, uitvoerende hoof van die UDDI, sê hul deelname aan dié landwye viering van wetenskap toon hul toewyding om ondersteuningsprogramme in die streek uit te brei. “Terwyl ons fokus op die bemagtiging van Nelson Man­delabaai se swak toegeruste skole bly, is ons opgewonde dat ons Nasionale Wetenskapweek-skolelys tot Humansdorp uitgebrei het,” sê Dlamini. “Ons lang vennootskap met die Suid-Afrikaanse Agentskap vir die Bevorde-ring van Wetenskap en Tegnologie (Saasta) gaan voort om leerlingdeelname en -prestasie te ver­beter, jeug­talent en -potensiaal te koester en beroepsvoorligting uit te brei.”

.

NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Most Read
News In Your Area
Top Lifestyle
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.