Joubertina-dam byna leeg; waternood dreig

2016-02-11 06:00
Die Joubertina-dam se watervlak het van Vrydag se 1,5 m tot 0,5 m gister gesak.  Foto: Verskaf

Die Joubertina-dam se watervlak het van Vrydag se 1,5 m tot 0,5 m gister gesak. Foto: Verskaf

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIE watervlak van die Joubertina-dam in die Koukamma-munisipaliteit het tot by die halfmetermerk gesak.

Die munisipaliteit is verlede Donderdag gewaarsku dat die dam, wat water aan sowat 1 300 huishoudings verskaf, leegloop en dat dit net genoeg water vir vier dae oor het. Vrydag het die damvlak op 1,5 m gestaan, teen Maandag het dit tot 0,5 m gesak.

“Dis ’n krisis. Die mense staan op die punt om geen water te hê nie en die Koukamma-munisipaliteit smeer hulle af aan die probleem,” sê Elza van Lingen, DA-leier in die Tsitsi-Kouga-kiesafdeling.

In Joubertina word sowat 300 huishoudings geraak en in die Ravinia-woonbuurt sowat 1 000.

Van Lingen het sê onbehandelde water word nou uit ’n ander dam gepomp en moet eers gekook word voordat dit gebruik word.

“Die probleem is alreeds Donderdag onder die munisipaliteit se aandag gebring, maar tot nou het niks gebeur nie.

“Leon Basson, ons party se woordvoerder oor water en sanitasie, is nou besig om te kyk waar hy noodleniging kan kry, sodat ons van êrens af water kan kry vir die mense.”

Die waterkrisis gaan gepaard met vermorsing, meen Francois Strydom, DA-raadslid.

“Ek het self die lekkasies op die hooftoevoerlyn getel. Ek het rofweg uitgewerk dat sowat 50 000 liter water per uur vermors word. Waar is die oorlog teen lekkasies?”

’n Amptenaar van die departement waterwese en sanitasie wat Maandag by die dam was, het bevestig dat die watervlak baie laag is en dat die hooftoevoerlyn na die watersuiweringsaanleg verskeie lekplekke het.

“Blykbaar kan boere se waterklep by die dam nie heeltemal sluit nie. Die lekplek van die dam na die watersuiweringsaanleg moet eers herstel word en daarna kan die lekkasies in die dorpe bepaal word,” aldus Van Lingen.

Die munisipale bestuurder, Sabelo Nkhulu, het met die eerste oproep van Die Burger Maandagmiddag gesê hy is in ’n vergadering en sal 20 minute later beskikbaar wees. Daaropvolgende oproepe is nie beantwoord nie.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

10 best dressed men of 2017

And the awards for 2017's best dressed gentlemen go to...

 
 

You won't want to miss...

How to open a beer bottle without an opener
WATCH: Man films himself going down water slide upside down as things go very wrong…
WATCH: Conor McGregor: Notorious the trailer
Best date night restaurants in South Africa
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.