Kamp sonder die swoeg

2017-11-23 06:01
Hier is genoeg aktiwiteite om jou besig te hou. Pak een van die talle staproetes, swem, gaan op ’n wildrit of soek ’n bosloerie in die boomtoppe.                 Foto’s:HEILIE COMBRINCK

Hier is genoeg aktiwiteite om jou besig te hou. Pak een van die talle staproetes, swem, gaan op ’n wildrit of soek ’n bosloerie in die boomtoppe. Foto’s:HEILIE COMBRINCK

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

WAAR daar bye is, moet daar blomme wees . . . of iets soortgelyks wat soet en lekker is. By Simbonga Game Farm, 20km buite Jeffreysbaai op die R102, ’n klein tuin van Eden, is daar soet én lekker.

Enorme doringbome en kiepersolle troon bo ons uit toe ons die tweespoorpad na die luukse tente by Simbonga - wat dankbaar beteken - in Thornhill neem. ’n Bosloerie skel in die boomtoppe. Dan verskyn twee luukse safari-tente in die oopte. ’n Paar meter verder kruip nóg twee iewat minder luukse tente tussen die digte bosse weg - dit is hier waar ons gaan bly.

Luukse tente

Die tente verseker privaatheid en eksklusiwiteit. Elke tent het ’n reuse dubbelbed en koffietafel. Die kombuis is ten volle toegerus en die badkamer bied die mooiste uitsig van die uitgstrekte landskap en berge wat in die verte waghou - dit voel kompleet asof jy in die buitelug stort.

Daar is ’n reusestoep waar jy kan kyk hoe blouwildebeeste (selfs ’n goue een), kameelperde en bokke verbyloop. En moenie van die groot verskeidenheid voëls vergeet nie.

Hier kan jy jou oorgee aan die stilte. Elke oomblik is ’n tydlose plesier - van die spelerigheid tussen twee bokke tot die amper hei-lige stilte van die berge in die verte.

Die kleurpalet in die landskap verwissel van uur tot uur - die kombinasie van wiegende grasse teen ’n fletsblou horison laat jou kort-kort na jou kamera gryp.

Aktiwiteite

Hier is genoeg aktiwiteite om jou besig te hou. Pak een van die talle staproetes, swem, gaan op ’n wildrit of soek ’n bosloerie in die boomtoppe. Anders kan jy net op ’n kampstoel ontspan met ’n goeie boek jou in die mooi omgewing verlustig.

Die heel beste is om vroeg op te staan, so net wanneer die son oor op die horison loer, en jou tuis te maak op die stoep met ’n beker boeretroos . . .

Of gaan verken die staproetes wat so kort of so lank is soos waarvoor jy kans sien. Die natuur voorsien sy eie kunswerke.

Oral langs die roete sien jy kiepersolle - voorwaar ’n uitsonderlike gesig. Die bokke tussen die bosse is só naby jy kan amper aan hulle vat.

Wees maar versigtig vir die byekaste langs die pad. As jy tyd het, kan jy hier heuning uithaal.

In die aande kan jy ’n vleisie op die kole gooi en op die reusestoep ontspan, terwyl die sterre bokant jou kop flonker en geitjies parmantig uit die donkerte blaf.

Voor jy vertrek

Pak jou braaisout, trek jou stapskoene aan en kom voel soos ’n ryk buitelandse toeris . . . sommer net hier buite Jeffreysbaai - en sonder die kredietbabelaas wat jou daarna dwing om vir ’n paar maande ’n pap-en-water-begroting te volg.

Simbonga is die antwoord op die gebede van plaaslike inwoners en besoekers wat na ’n bietjie ongerepte luuksheid teen ’n bekostigbare prys soek. Die selfsorg-kamp het al die geriewe van ’n moderne selfsorgeenheid in die stad, maar teen ’n fraksie van die prys.

Koste vir eenhede beloop onderskeidelik R1 200 en R800 per nag. Kry ’n groep vriende en maak die kamp vol.

Simbonga spog eersdaags met ’n kampterrein vir diegene wat hul eie tent wil bring.

Soos die bekende kredietkaart-advertensie sê: Doos rooiwyn - R95, kampstoel - R500, die geleentheid om ’n stukkie Afrika vir jouself te hê - Onskatbaar.

Vir meer inligting, skakel Herman Scheepers by 082 781 6509 of besoek www.simbongagamefarm.co.za.

Vir meer foto’s, besoek die Kouga Express Facebook-blad - Kouga Express Newspaper.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
 

Keep your family and pets safe from rabies

The recent outbreak of rabies in South Africa has brought to light how terrible this disease is and how as pet parents we need to be vigilant to keep our families safe.

 

Paws

5 scientific benefits of owning a cat
Why we love cats
8 great natural remedies for your pet
How to clean your dog’s eyes
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.