‘Kaper’ in hospitaal op Thornhill gevang

2016-08-04 06:00

TOE ’n vermeende kaper Sondagoggend houtgerus op mediese dienste by ’n plaaslike hospitaal op die dorp Thornhill gewag het, het een van sy slagoffers hom uitgeken, en is hy byna oombliklik vasgetrek.

Die kapingsdrama het in die vroeë oggend-ure voor ’n taverne ontvou toe twee mans ’n motorbestuurder vir ’n saamrygeleentheid na Loerie gevra het.

Die motoreienaar, wat reeds ’n man en vrou as passasiers gehad het, het ingestem, maar is deur sy nuwe passasiers oorrompel. Die kapers het glo albei vuurwapens uitgepluk en die bestuurder na die agterste sitplek gedwing.

Volgens sers. Majola Nkohli, polisiewoordvoerder, het die vroulike passasier by die motor uitgespring en probeer vlug, maar sy is deur die kapers in die been gewond. Een van die boosdoeners het haar na bewering oor sy skouer gegooi en weer in die motor ingeboender voor hulle in die rigting van Port Elizabeth gery het.

Die motoreienaar het glo probeer terugveg en na een van die kapers se vuurwapens gegryp, maar per ongeluk ’n skoot afgevuur wat een van die kapers in die skouer gewond het.

Sy makker het die motor tot stilstand gebring en die motoreienaar op die agterste sitplek doodgeskiet waarna die twee passasiers te voet gevlug het.

Die gewonde kaper was glo onbewus dat die oorlewende twee slagoffers by dieselfde hospitaal as hy vir mediese hulp sou aanklop.

“Die man het die vermeende kaper onmiddellik uitgeken en die polisie het reageer deur hom in hegtenis geneem,” sê Nkohli. “Intussen soek ons nog na die verdagte se makker.”

NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.