Kapitaalbegroting onder die vergrootglas

2018-06-28 06:00
: Foto:

: Foto:

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIE Kouga-raad het ‘n begroting van R67,745 miljoen goedgekeur vir kapitaalprojekte in die nuwe boekjaar. Dit is R1,689 miljoen of 2,43% minder as die 2017/18 wysigingsbegroting.

Die kapitaalbegroting sal befonds word uit regeringstoelae, subsidies en die munisipaliteit se eie inkomste.

Volgens burgemeester Horatio Hendricks is dit die eerste keer in jare dat die munisipa-liteit finansieel sterk genoeg is om van sy eie inkomste vir kapitaalprojekte te gebruik.

SEA VISTA RIOOLWERKE

Die grootste projek op die kapitaalbegroting is die multi-jaar opgradering van die Sea Vista Rioolwerke. R18,5 miljoen sal daarop spandeer word in die 2018/19 boekjaar. Die projek sal die nodige grootmaat-kapasiteit in plek stel vir die bou van Hop-huise.

EMMERTOILETTE

Die uitwis van die emmerstelsel is ‘n prioriteitsprogram vir die Kouga-raad oor die volgende drie jaar.

“Meer as 4000 huishoudings in Kouga maak nog gebruik van die emmerstelsel. Dit is onaanvaarbaar,” sê burgemeester Horatio Hendricks.

“Ons sal dus ‘n multi-jaar program in 2018/19 loods ten einde ontslae te raak van emmertoilette. R2,3 miljoen sal hierop spandaar word in die eerste jaar.

“Die program sal ook voortgesit word oor die volgende twee jare totdat elke emmertoilet verwyder en vernietig is.”

BETER DIENSTE VIR INFORMELE AREAS

Onwettige kragaansluitings is een van die grootste uitdagings in informele areas. Dit hou ‘n groot gevaar in vir families en veral kinders.

Die Kouga-raad beoog om van onwettige aansluitings ontslae te raak oor die volgende drie jaar.

“Ons het R1 miljoen van die munisipaliteit se eie inkomste beskikbaar gestel hiervoor in die komende boekjaar. Daarnaas het ons ook ‘n INEP-toelaag van R8,8 miljoen ontvang vir die elektrifisering van huidige en beplande behuisingsprojekte,” sê burgemeester Horatio Hendricks.

’n Verder R500 000 is begroot vir staanpype en die opknap van paaie in informele gebiede. Daar is ook reeds 700 “wheelie” dromme aangekoop ten einde vullisverwydering te verbeter.

WATERSEKURITEIT

Kouga-munisipaliteit sal R1,5 miljoen spandeer in die nuwe boekjaar om boorgate te sink en op te koppel aan die bestaande waterinfrastruktuur.

Watersekuriteit is tans ‘n groot kommer vir Kouga weens die voortslepende droogte.

“Ons het reeds 10 boorgate in die 2017/18 boekjaar gesink en 70 reënwater-tenke op strategiese punte in die Gamtoosvallei laat installeer,” sê burgemeester Horatio Hendricks.

“Ons damvlakke is krities laag en ons doen weereens ‘n beroep op almal om hul verbruik onder 50 liter per person per dag te hou.”

ANDER HOOGTEPUNTE

  • Twee nuwe begraafplase sal by Loerie en Thornhill ontwikkel word.
  • R3 miljoen sal gebruik word vir die omheining van die Loerie-pompstasie, Jeffreysbaai en Kruisfontein reservoirs, begraafplase, karavaanparke en kampeerplekke.
  • R4,3 miljoen is begroot vir die opgradering van sportsvelde. Die fokus sal op wyke 1 en 2 wees.
  • R6,5 miljoen sal gebruik word vir die aankoop van nuwe voertuie.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
 

Share your 67 minutes with animals in need this Mandela Day

With an abundance of activities to get involved in, why not lend a hand towards animals in need this Mandela day? Here are some ideas of how you can spend your 67 minutes...

 

Paws

Kevin Anderson’s dog is winning at Instagram!
Kim Kardashian-West buys fake testicles to boost her dog’s self-esteem
10 tips on exercising your dog
Our top picks for doggo post of the week
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.