Kia Sportage se voorkoms opgeknap

2018-07-26 06:00
Die binneruim het nou ’n skoner voorkoms met die raakskerm wat soomloos by die paneel inpas.

Die binneruim het nou ’n skoner voorkoms met die raakskerm wat soomloos by die paneel inpas.

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

’n OPGEKNAPTE model van die gewilde Kia Sportage is einde verlede maand in Europa gewys en behoort straks voor die einde van die jaar in Suid-Afrika aan te kom.

Die voorkoms is voorspelbaar heelwat opgeknap, terwyl die binneruim ook moderner gemaak is met meer tegnotoerusting wat by die pakket gevoeg is. ’n Nuwe dieselenjin vervang ook die huidige 1.7-liter-diesel in die reeks.

Kia haute couteure

Met die opknapping vind ons nuwe aksente wat van die ou stileringskenmerke versag. So is die GT Line (die topmodel) se sierrooster nou heeltemal swart geverf, nes die hulsels by die misligte, die onderste rooster en die buffer. Die binnekant van die hoofligte se hulsels is ook donker getint.

Die GT Line kry ook ’n silwer skermplaat onder die neus en by die stert, terwyl ’n don-kersilwer paneel onder by die deure gevoeg is vir ekstra dramatiese effek.

Binne sal jy ’n nuwe stuurwiel vind, terwyl die instrumentpaneel ook ’n vars voorkoms het. ’n Groot raakskerm bo, wat glad by die res van die paneel aansluit, vorm die fokus-punt van die instrumentpaneel.

Gewone modelle kry nuwe swart en grys bekleedsel, terwyl die GT Line leerbekleedsel het.

Onder die vel

Hulpstelsels vir die bestuurder sluit in ’n selfafskakel-funksie as jy stilhou, ’n kamerabeeld wat die area rondom die voertuig op jou monitor wys, ’n gonser wat waarsku wanneer jy agter die stuur begin indut, en natuurlik die groot raakskerm wat jou satnav-stelsel en tru-kamera huisves.

Opwindende nuus natuurlik is die koms van ’n nuwe 1.6-liter-turbodiesel wat die hui-dige 1.7-liter gaan vervang. Kia sê die nuwe enjin sal in twee kragweergawes te kry wees, 85 kW en 100 kW. Die frisste model sal saam met ’n sewegang-outomatiese ratkas (dubbelkoppelaar-tipe) en 4x4-vastrap gekombineer word.

Toekomsplanne

Intussen het Kia ook groot toekomsplanne bekend gemaak. Dit behels onder meer 16 nuwe voertuie teen 2025 wat met alternatiewe kragbronne aangedryf sal word.

Dit sluit in vyf hibridiese voertuie, vyf inprop-hibriede, vyf elektriese voertuie en ’n brandstofselmotor teen 2020.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
 

Keep your family and pets safe from rabies

The recent outbreak of rabies in South Africa has brought to light how terrible this disease is and how as pet parents we need to be vigilant to keep our families safe.

 

Paws

5 scientific benefits of owning a cat
Why we love cats
8 great natural remedies for your pet
How to clean your dog’s eyes
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.