Kinkels ini winkels

2016-02-25 06:00

(VERWYSINGS is na fiktiewe karakters. Vir die Sherlock Holmse onder ons: Geen dorp se naam word genoem nie. Gaan egter op die alfabet af en moontlik trap jy hier en daar skerp rem).

Ek stap doelgerig op die afdelingswinkel af: vandag gaan ek diens kry – soos dit ’n lid van die publiek toekom! Vandag bevry ek gewis dié winkel van die ewige beslommering van swak diens/vrot diens/geen diens. Op ’n gly-skaal van 1 tot 10 gaan minstens die 8-merk voortaan geld. Dit geld by sommige ander, hoekom nie oral nie?

Een van die vele assistente kom gang af gesuiker, sy oë soos altyd opgeslaan na die berge. Hy sien ek sien hom, en hy mik om links in ’n sygang af te verdamp. Ek dink: “Ou Vaalseun, ek is nie so dom soos en lyk nie – ek kam net my hare so.” En voor hy sy maneuver kan uitvoer, nollie ek hom net daar waar die ontsnaproete begin.

“Meneer!” begin ek en hy staar my met wrewel aan asof hy verwag het ek gaan “Mevrou” sê. Ek kannala, por verwor, s’ll vous plait, please, bitte, asseblief hom feitlik in al die tale: “help my tog.” Ek stel my versoek voordat dit wedersyds knor kan gaan en – mirakel! – hy help my so-waar. Hy lyk geskok dat hy nie aan posttraumatiese stres ly omdat hy sy werk gedoen het nie. Maar voor hy heeltemal kan bykom, bedank ek hom en hy prewel iets terug.

Die Stomme Publiek

Ons besef besighede lewer ’n diens – maar dis die publiek wat die kasregisters aan die rol hou. Ons verdien dus om die “Customer is always right”-embleem te dra. Meneer Sakeman, al wat die publiek vra, is –

. Glimlag tog! Dit bevorder kooplus.

. Assisteer tog! (Dis die werkwoord van assistent). Moe-nie voet in die wind slaan as iemand jou nodig het nie. Wéés daar.

. Moet (groot asseblief) nie pryse tydens piektye verhoog en dit dan net so hou as die Blikore en Vaalpense die dorp verlaat nie. Moet ook nie ná die seisoen ’n enkele ietsie se prys met groot fanfare uitstal terwyl die res van die pryse dieselfde bly nie. Asseblief. Nie almal het grade in Sielkunde nie, maar die meeste is ook darem nie paloekas nie. Die publiek worstel ook maar, mnr. Die Restaurateur wat in ’n oomblik des tyds ’n gewone kaas-en-tamatie toebie met 35 persent verhoog.

. Voedselvergiftiging bestaan nog, meneer Franchise. Moenie etes bedien as Eishkom jou vrieskaste laat ontdooi nie. Gooi die vrot vis terug in die see; en stuur die die langs-reeds-oorle’ hoenders wat lyk asof hulle Newcastle-siekte het na ’n dierekrematorium toe.

. As ons malkoeivleis en goormelk terugbring na jou supermark, moenie ons onder kruisverhoor plaas nie. Almal is nie kriminele nie. Ek verwag nie varser produkte terug nie. Ek loop eenvoudig uit en koop nie weer dieselfde produkte by jou nie.

. Hoekom het ’n tydskrifnavorser tussen 1 en 7 Februarie R29,99 /kg vir tamaties betaal terwyl Tamaties SA se nasionale markpryse wys produsente het in dié tydperk net R6,41/kg gekry? Ons weet daar is ’n truuk in die kleinhandelbedryf om sekere produkte te subsidieer deur prysverhogings in ander produkte. Dis seker hoekom ’n bekende sjampoe R65 kos en dan skielik, wonder bo wonder R39! Maar basta met die truuks! Die publiek is al prysvoos.

Og, ek het baie vrae, maar moontlike beeldpoetsers in die bedryf sal my waarskynlik uitmaak as ’n nool.

Ek beëindig dus maar my klaaglied met ’n kleinhandelstorie uit die argiewe: Toe die boer een jaar nie lastige kese uit sy mielielande kan verwyder nie, kry hy ’n lektor-vriend in besigheids-etiek om raad te gee. Die mannetjie lag selfvoldaan en gaan praat met die trop bobbejane. Eers lag hulle hul slap. Hy praat weer en toe huil hulle smartlik. Toe hy weer praat, gil die trop en laat spaander oor die berg...om nooit weer terug te keer nie. Verwonderd wil die boer weet wat die lektor gedoen het. “Maklik,” lag hy. “Ek het vir hulle gesê ek is ’n lektor in besigheidse-tiek. Toe skater hulle. Toe sê ek wat my salaris is, toe ween hulle wanhopig. Toe sê ek die universiteit is op soek na studente wat opgelei wil word as eties-gesonde kleinhandelaars. En Voila!...jou plaas is Adoons-vry.”

Dit wys jou net. So stap ons ondermaners dan die nuwe jaar wenend en knersend tegemoet. Quo vadis?

Maar loop katvoet, wêna, ons watch julle.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

6 myths about male cancer

It is important to be aware of the most prevalent cancer diseases amongst men in our country.

 
 

You won't want to miss...

Who are the highest paid models of 2017?
10 gorgeous plus-sized models who aren't Ashley Graham
5 top leg exercises for men
10 best dressed men of 2017
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.