Klawer Wynkelder loods Vino Sacci

2017-11-16 06:00
Een gelukkige Kouga Express-leser kan vyf Chenin Blanc en vyf Merlot wynsakkies te wen.                  Foto:VERSKAF

Een gelukkige Kouga Express-leser kan vyf Chenin Blanc en vyf Merlot wynsakkies te wen. Foto:VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

OM wynbottels te vervoer, terwyl jy met va-kansie gaan of om saam te neem na ’n braai of piekniek, is gewoonlik ’n gevaarlike storie - veral as jy min pakplek het óf bekend is vir jou bottervingers.

Klawer Wynkelder het met die puik oplos-sing vorendag gekom wat jou vakansie asook alledaagse wyn-ervaring meer gerieflik sal maak.

Op die laaste naweek van Oktober het die kelder die maand afgesluit met die bekendstelling van hul nuwe wynsakkies, genaamd Vino Sacci, wat Latyn is vir ‘wynsakkie’.

Elke sakkie bevat 375ml wyn en is genoeg om twee ordentlike glase vol te maak. Die sakkies bevat Klawer Wyne se 2017 Merlot en Chenin Blanc.

“Hierdie konsep is perfek vir mense wat by ons kelder stop. Baie is oppad na staproetes, kampeer-oorde of om ons land te ver-ken,” sê Franci Nortje van Klawer Wynkelder.

Volgens Nortje is daar heelwat lekker voordele aan dié Vino Sacci’s: “Dit is maklik hanteerbaar en klein genoeg om in enige gaatjie in jou tas of rugsak in te pas.

“Die verpakking is geriefliker vir mense wat kleiner volumes wyn wil koop.”

Andries Blake, besturende direkteur van die kelder, sê: “Die sakkies verkoel baie maklik en het ’n tuit wat die wyn maklik skink. Die sakkies het ’n prop wat die wynsakkie weer kan seël sodat jy dit vir later kan bêre..

“Die sakkies se uniekheid maak dit enig in sy soort.”

Die wynsakkies is beskikbaar by Klawer Wynkelder, asook by uitgesoekte restaurante en winkels.

  • Klawer Wynkelder is gerieflik geleë op die N7-roete net buite Klawer in die Namakwa Weskus.

WEN! WEN! WEN!

Een gelukkige Kouga Express-leser kan vyf Chenin Blanc en vyf Merlot wynsakkies wen.

Besoek die Kouga Express Facebook-blad - Kouga Express Newspaper - vind die onderstaande foto en laat jou kontakbesonderhede in die kommentaarblok.

Die kompetisie is slegs oop vir lesers ouer as 18 jaar. Die kompetisie sluit om 12:00 op 30 November.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.