Klink ’n glasie melk op die boer

2017-04-06 06:03
Grasslands Agriculture stigter en eienaar Trevor Elliot (middel) is deur die Kouga Besigheidsforum (KBF) as die Sakeleier van die Jaar vir 2017 aangewys. Sy gedugte span, Thinus Visser, Reinhardt Steyn, Christo Joubert, Sharon Delport, en Martin de Bruin, staan bankvas agter hom.                                                Foto:MONIQUE BASSON

Grasslands Agriculture stigter en eienaar Trevor Elliot (middel) is deur die Kouga Besigheidsforum (KBF) as die Sakeleier van die Jaar vir 2017 aangewys. Sy gedugte span, Thinus Visser, Reinhardt Steyn, Christo Joubert, Sharon Delport, en Martin de Bruin, staan bankvas agter hom. Foto:MONIQUE BASSON

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

TSITSIKAMMA pioniermelkboer Trevor Elliot, wat meer as ’n dekade gelede ’n suksesvolle projek vir swart ekonomiese bemagtig-ing tot stand gebring het, is deur die Kouga Besigheidsforum (KBF) as die Sakeleier van die Jaar vir 2017 aangewys.

Die jaarlikse Sakeleier-dinee het op 29 Maart by St Francis Links plaasgevind. Toonaangewende besigheidseienaars en gemeenskapleiers van regoor die Kouga het die glansryke geleentheid bygewoon.

Brand Pretorius van Johannesburg was die spreker.

Elliot, stigter en eienaar van Grasslands Agriculture wat in 1967 op die been gebring is, is een van die grootste, individuele melkboere in die Suidelike Halfrond. Die onderneming spog tans met 230 werknemers.

Hy het al in 2000 besef die bemagtiging van sy werkers is die regte ding om te doen. Dit het meegebring dat die werkers uiters lojaal teenoor Grasslands is. Dit was ook Elliot se beskeie bydrae om stabiliteit in die landbou te help verseker. Wat die projek so suksesvol maak, is dat dit al die elemente bevat wat kenners nodig is om ’n swart ekonomiese bemagtigingsprojek (SEB-projek) se sukses te verseker. Dit sluit aspekte soos wedersydse finansiële voordele, mentorskap, vertroue en opleiding in.

“Die toekenning is ’n groot eer,” sê Elliot.

Hy skryf sy sukses toe aan goeie kwalifikasies en lees.

Wat behels sy toekomsplanne? “Om die beste melkboere moontlik te wees en om die lewe van al die werknemers te verbeter.”

Sakemodel - Geskoei op melkdeelskema

Volgens Elliot is die SEB-modelprojek gebaseer op die Nieu-Seelandse melkdeelskema wat langer as 130 jaar daar toegepas en deur wetgewing gereguleer word.

Die sakeverhouding is die tussen die werkgewer (werkerstrust) en die onafhanklike kontrakteur (Grasslands Agriculture). Die plaaseienaar (die Grasslands-ontwikkelings-trust) verskaf die grond en permanente infrastruktuur, soos die besproeiingstoerusting en die melkstal, terwyl Grasslands Agriculture (deelmelker) die lewende hawe, verskuifbare toerusting, werktuie, bestuursvaardighede en werkers verskaf.

Die inkomste uit die melk en voerkoste word op ’n 50-50-grondslag tussen die twee partye verdeel.

Lopende uitgawes wat verband hou met die deelmelker se verantwoordelikheid, soos lone, brandstof, elektrisiteit, dieregesondheid en die instandhouding van bedryfsbates, is vir die rekening van die deelmelker. Die grondeienaar (werkerstrust) is verantwoordelik vir die koste wat met die infra-struktuur en permanente weiding (saad en bemesting) verband hou.

Daar is ook sekere gedeelde koste in die ooreenkoms gedefinieer, soos voer wat aangekoop word. Die verhouding en verde-ling tussen inkomste en uitgawe word deur die melkdeelooreenkoms gereguleer. Dit verseker dat albei partye ’n soortgelyke opbrengs op hul onderskeie kapitaalbeleggings kry.

Aangesien die deelmelker ook die bevoordeeldes van die trust in diens neem, beteken dit dat die werkers – naas ’n maandelikse salaris – ook as grondeienaars in die wins van hul gedeelte van die onderneming ’n aandeel het.

Sien bladsy 3 vir meer inligting.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

Man scores date with tennis superstar after Twitter bet

It’s a modern day Cinderella story, but one American man took ‘shoot your shot’ seriously in 2017.

 
 

You won't want to miss...

6 myths about male cancer
Who are the highest paid models of 2017?
10 gorgeous plus-sized models who aren't Ashley Graham
5 top leg exercises for men
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.