Klippgooiery – polisie steeds onbetrokke

2019-01-31 06:21

’n Vlaag van geweld het die afgelope Saterdag opnuut uitgebreek op die gevaarlike pad tussen Jeffreysbaai en Astonbaai toe booswigte eers ’n bejaarde egpaar en later ’n jong vrou se motors met klippe bestook het.

Die vrou, wie se motorruit oopgedraai was, is by Ocean View se verkeersirkel deur ’n klip teen die arm en hand getref.

Sy het dadelik na Jeffreysbaai se polisie-kantoor gery om ’n saak aanhangig te maak. By haar aankoms was daar ’n ouer man en vrou in die aanklagkantoor wie se motor ook kort tevore deur die klipgooiers beskadig is.

Hulle motor se voorruit is stukkend gegooi.

Hannetjie Geldenhuys, die jong vrou se moeder, het met skok gereageer – veral oor die polisieman aan diens se optrede. Volgens Geldenhuys het hy bloot gesê: “Wat kan ek daaraan doen? Daar is nie polisievoertuie be-skikbaar nie” Sy sê die polisieman het vrede gehad met haar dogter se besering. “Liewe land! Is dít nou die mense wat ons land moet beskerm?” wil sy weet.

Lede van die publiek het op openbare media met wrewel en frustrasie op die voorval kommentaar gelewer.

Teen Maandagoggend het omtrent honderd-en-dertig mense hulle me-nings gelug. Kommentaar wissel van “Duikweg onder die pad deur” tot “Kamp die hele woonbuurt af en bou twee oorhoofse voetoorgange met staal bevei-lig, sodat motoriste vei-lig is.”

Baie wys daarop dat daar al baie lank gevra is dat ’n alternatiewe pad vir motoriste gemaak word. Andere is openlik gebelgd en beledigend, en iemand beveel aan dat mense liewer Smhart-sekuriteit moet bel, omdat dit tydmors is om die polisie te nader.

’n Vuisvoos publiek se woede kook so oor dat meeste van die opmerkings nie herhaal kan word nie. Iemand beveel aan: “Bestuur met jou pistool op jou skoot.”

Dit wil voorkom asof hierdie gevaarlike speletjie ook maar onder die mat gevee sal word – soos in die verlede gebeur het. Totdat die SAPS ’n ernstige vergadering met lede van die woonbuurt reël en met gepaste optrede begin, lyk dit asof die publiek maar die gevaar moet trotseer.

Intussen het daar die afgelope Maandag op sosiale media ’n openbare verklaring onder die naam van Kouga Burgemeester, Horatio Mario Hendricks, verskyn waarin verklaar word: “Ek lig brigadier Lebock in oor polisie se reaksie (Swak!!!). Ook ons eie law enforcement en verkeersbeamptes gevra om area te patrolleer. Ons is besig om te onderhandel met Marina Martinique deur ons munisipale bestuurder om ’n heining daar te plaas. Hoe dit gaan lyk is ek nie oor seker nie, maar dit gaan die situasie drasties verbeter.

“Baie jammer Hannetjie om ter hoor van so verskriklike geval, dit kon netsowel ek of my vrou gewees het, sal beslis opvolg met die munisipale bestuurder.”

Hannelie Rotherham, die vrou wat raak gegooi is, sê dat sy beter voel, maar dat haar regterhand lelik seergekry het.

NEXT ON NEWS24X

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.