Klopdisselboom op 102

2016-10-06 06:00
As Baby Potgieter (102) uitgaan, (en dis dikwels) stap sy die 30 trappe na onder van haar woonstel sonder om uitasem te raak. By haar is Nita Mentz.      Foto: JANNIE HOUGH

As Baby Potgieter (102) uitgaan, (en dis dikwels) stap sy die 30 trappe na onder van haar woonstel sonder om uitasem te raak. By haar is Nita Mentz. Foto: JANNIE HOUGH

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

SY wag vir my in haar eenslaapkamer-woonstel in Humansdorp.

Baby Potgieter, gebore in 1914. Fyngebou, regop, gesond en vol lag, en oorvloedig dankbaar vir die geskenkie wat ek vir haar bring.

Haar lewe spreek van eenvoud en opregt-heid. Gebore op die plaas, Rosa, naby Oesterbaai, en na ‘n geborge lewe, skool voltooi op Adelaide. Nooit getroud nie. Is dit hoekom sy 102 gehaal het, vis ek, en sy lag net vrolik – geen skewe woord uit haar mond nie.

Na skool terug plaas toe. Jongmeisiedae met kook en bak en borduurwerk en tuinwerk gevul. Sy sou dit nie anders wil hê nie, al sou sy weer kon lewe. Groot avonture – passasier in ‘n buurman se ligte vliegtuig, en ‘n Boeing-vlug na Johannesburg. Dit is dit: niks aardskuddend en dramaties nie.

Maar daar móét ‘n geheim wees om 102 jaar oud te word. Sy lag net vrolik: sy eet Mediterreens – vars groente en vrugte, bietjie vleis en, as jy wil, lae suiwel, hoë vesel. Baie druiwe nogal.

Verder ‘n rustige lewe, sonder spanning. Sy laat stres waar dit hoort, by die bron daarvan – en dis nie sy nie. Altyd positief. Praat van niemand nie (sê dit dalk vir jou iets?) tensy sy iets mooi kan sê. En sy mis nooit ‘n kerk- diens nie. Skrifgedeeltes rits sy sommer vir die lekkerte daarvan, soos masjiengeweerskote af. Want dit is wat haar gedra het – om volgens daardie Skrifte sondige dinge te bely en te laat staan.

Sy woon alleen in haar woonstelletjie, en dit op ‘n welsynstoelaag. Al haar mense is oorlede, behalwe ‘n skoonsuster en die se kind. Mense wat die Groot Gebod leef, soos die Lootse, Nita Mentz en ander bring haar kerk toe, rits haar rond, sorg dat sy by die haarkapper kom. En sy doen lustig mee.

As sy uitgaan (en dis dikwels) stap sy die 30 trappe na onder sonder om uitasem te raak. Sy is opgewek, lees sonder ’n bril, en sy en haar beste vriendin (90) kuier oor en weer.

Dit is Baby Potgieter – rustig, aangenaam, besorg oor ander, liefdevol. En in verhouding met die Here. Pure teerheid en inspirasie en oudwêreldse sjarme.

Punch-line: ek verskaf dit toe sommer self. Sy en Nita vergesel my straat toe. Ons stap die lang gang af voor die woonstelle. Ek loop agteruit vir ‘n foto en beduie hóé hulle moet loop – en sien nie die vyf trappe na ‘n laer vlak nie. En toe die sware slag: nie tannie Baby (102) of Nita nie, maar EK. Mina, Ich, Je. Ek val onsag, onkeerbaar en onherroeplik aarde toe. Daar lê ek: bones in the laait, terwyl Nieta en Baby “oe” en “aaa” en ek “uhh”.

Sy het my die volgende dag gebel om te hoor hoe dit met my gaan.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.