Kluite spat in begrafnisdienste

2018-06-21 06:01

BEGRAFNISONDERNEMERS in die streek skop stof op oor die beweerde wederegtelike optrede van ‘n besigheid wat volgens hulle onversteurd voortgaan om lyke te stoor, grafte te bekom en mense te begrawe… alles glo onwettig.

Maar volgens die betrokkene, is dokumentasie en die munisipale dorpsbeplanner se soneringsbrief aan die gebou-eienaar genoeg bewys dat dié ondernemers almal die pot mis sit.

Die sakekonsultant van die beweerde “onwettige” operateur sê hulle verwerp bewerings dat die ondernemer ook ‘onregmatig’ kliënte werf, as moedswillige leuens – “na alle waarskynlikheid versprei deur een van hulle kompetisieverskaffers”.

Hieruit kom dit voor of daar verwarring en teenstrydighede tussen die amptelike departemente asook onder die ondernemers bestaan.

Gemeenskapdiens Portfolio raadslid Daniel Benson sê dat die gebou-eienaar se aansoek vir toestemming (dat die gebou waaruit Stardust Begrafnisondernemers sake doen, vir storing van liggame hersoneer word) steeds deur die munisipaliteit geprosesseer word.

“Ons het intussen daarvan bewus geword dat die begrafnisondernemer met werksaamhede voortgaan, en het die gebou-eienaar in kennis gestel dat alle besigheid gestaak moet word totdat die proses afgehandel is.

“Sedertdien is verteenwoordiging van die landheer se regspan en Stardust se sakekonsultant in die verband ontvang. Ons Omgewingsgesondheid-afdeling het die rolspelers ontmoet in ‘n poging om die saak te beredder. Die proses is steeds voortgaande.”

Kennisgewing vir aansoek om hersonering het in Maart, vanjaar in die koerant verskyn.

Anna-Marie Pieterse, eienaar van Stardust, het verlede week by navrae oor voortgaande sake aan die Kouga Express gesê: “Jy is welkom om na my kantoor te kom en al die lisensies teen my muur te kom kyk en na al die oorspronklike korrespondensie van die ge-sondheidinspekteur waar my gebou goedgekeur en voldoen met al die wetlike vereistes vir ‘n begrafnislokaal.”

André Vlok van Crossroads Business Consultants reageer namens Pieterse: “Alle sertifikate en toestemmings wat SFS moet oor be-skik, met die uitsondering van die een sertifikaat wat nou die onderwerp van kommunikasie met die Stadsraad is, is in plek.

Een hand was die ander

Plaaslike begrafnismense sê onthuts dat ‘n polisverkoper van familieskemas na bewering die plek se ‘dode registreer’, en Stardust dan die ander se lyke stoor. “Hierdie is vir ons ‘n seer saak, dat mense op hul kwesbaarste so uitgebuit word”, stem plaaslike ondernemers saam.

Vlok bevestig: “Doodsertifikate word aangemeld deur Charl Hattingh, ‘n ondernemer, wie so maak in terme van ‘n ooreenkoms met SFS. Die ooreenkoms behels onder meer dat SFS liggame stoor vir Hattingh en dat hy weer die registrasies behartig, sonder dat daar enige betalings oor en weer plaasvind.”

Maai onder kliënte

Wat begrafnismense in die streek omkrap, is nie net dat Stardust glo in ‘n stadium sonder die vereiste bevoegdheidsertifikaat as ondernemers en lykbesorgers gewerk het nie, maar glo onder hul kliënte gemaai het.

Rhelton Claassen, verteenwoordiger van Bosman Funerals, se ervaring kom só voor. “Ons betaalpunt was altyd by ons agent by Patensie Food Zone, Sandra Scott. Toe ons van onderskrywer verander (van KGA Life na West-PRO Holdings), het ons ons kliënte verwittig en ‘n kennisgewing in die koerant publiseer.” Maar dit blyk dat kliënte in kennis gestel is dat Bosman bankrot is, en dat Stardust die boekies oorneem.

“Dit is skade vir ons, veral aangesien die gemelde ondernemer weier om die lede se name aan ons te verskaf, sodat ons hulle bloot van ons stelsel kan verwyder. Ons neem nou regstappe,” meen Claassen.

Hieroor sê Vlok dat daar volgens SFS se persoonlike ervaring gereelde en langdurige klagtes onder die algemene kliëntebasis van Bosman aangaande dienslewering was.

“Daar was ekstensiewe en openbare adver-tensie en bemarking gedoen deur KGA en SFS, en enige verskuiwing van besigheid was ‘n normale en totaal behoorlike kommersiële proses. Ons neem aan dat u bewus sal wees van die moontlikheid van bloot sogenaamde suur druiwe deur kompetisie en dat dit sal aanleiding gee tot wat duidelik ‘n skinder en lasterveldtog teen SFS is.”

Gerugte

Jeffreysbaai-ondernemers Dean en Iris Gilbert van Kouga Funerals het om ‘n hofbevel teen die Stardust-eienaar aansoek gedoen, aangesien hulle glo al deeglik onder ongegronde gerugte – selfs ‘n moordbeskuldiging kompleet met ‘n “saaknommer” - moes deurloop.

“Dit gaan my verstand te bowe hoe mense dit regkry”, sê Iris kopskuddend. “Dis die eerste keer dat ek teëkom dat kliënte openlik oorgeneem word en lyke sonder die nodige bevoegdheidsertifikaat gestoor word”, en haal aan uit die Regulation Gazette, No 9960, Vol. 575, Pretoria 22 Mei 2013 - No. 36473.

Sy meen dit is die gemeenskap wat uiteindelik onder die soort praktyke ly.

Iris sê sy voel die saak persoonlik: nadat ‘n voormalige werknemer korrektiewe diens moes uitdien, het Kouga Funerals hom weer ‘n geleentheid gebied - maar hy is oornag weg na Stardust - met lede se boekies. “Die man het betaling aan ons Patensie-agent aangebied om lede na die mededinger oor te bring.”

“Ons prokureur moes sterk optree teen onregmatige werwing van ons kliënte, en kwaadwillige belaster van ons.”

Hierop sê die sake-adviseur van Pieterse dat SFS baie gesteld daarop is om selfs die bemarkingsgedeelte van hulle dienste eties en korrek te doen. “Die bewering aangaande betalings om kliente oor te bring, is te vaag om spesifiek te antwoord. Selfs al aanvaar mens nou die een of ander transaksie soos beweer vir argumentsonthalwe sou die kliënte nog steeds natuurlik die besluit neem wie die diensverskaffer is, en sou die blote ‘omkoop’ van een persoon of werknemer nie voldoende wees nie.”

Beloftes van geld

Die waardige Clive Commons, eienaar van Ten to Nine Commons Funerals, Humansdorp, is ook onthuts. “Die ‘onwettige’ lykshuis maak skade. Soos ons met kliënte deel, vertel hulle ons van aanmerkings, soos dat daar vir hulle gesê word dat ons swak diens lewer.”

Clive vertel dat mense weggelok word met beloftes dat die ondernemer vir hulle “R10 000 begrafnisse sal doen en ook soveel kontant sal uitbetaal. Lede wil kom uitvind of dit waar is dat hulle kontant gaan kry. Hulle gaan ook na ons agente en bied meer geld aan.”

Wat Stardust se besigheidsadviseur aanbetref is dit bloot ‘n uitstekende voorbeeld van die ‘klas produk’ wat SFS kan aanbied. “Dié bewerings is wesenlik korrek, aangesien dit spesifiek is wat hulle produk behels. Daar is absoluut niks verkeerd of onregmatig aan die produkte of die bemarking daarvan nie”, sê Vlok. ?

Nie geregistreer?

Clive het verneem dat die onderneming nie by Binnelandse Sake of die munisipaliteit geregistreer is nie. “Daar moet optrede teen so ‘n bedryf kom. Waarom tree die owerhede nie op nie. Of is daar voordele waarvan ons nie weet nie? Die mense kan nie ‘n dood registreer nie – dus gebruik hulle ander en betaal hulle.”

Die ondernemings is dit almal eens dat die saak verder gevoer sal word.

Op navrae oor hieroor, meld Vlok dat SFS, wat die uitstaande sertifikaat aanbetref, “al sedert laasjaar alles gedoen het wat van hulle vereis word, en dat hulle handel dryf met die wete en goedkeuring van almal van die brandweer tot die gesondheidsdienste.”

By navrae aan Binnelandse Sake blyk dit dat dié departement nie ‘n leêr van die omstrede onderneming vind nie, maar het wel gemeld dat die persoon wat daarmee werk, met verlof is.

Vlok sê ten slotte dat “SFS gaan nie hulleself skuldig maak aan dieselfde vlak van moddergooi as wat nou die geval is nie, en hulle sal eenvoudig hulle fokus hou op die lewer van hulle produk”.

NEXT ON NEWS24X

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts

Jobs in Cape Town [change area]

Jobs in Western Cape region

HSE Manager

Cape Town
Tumaini Consulting
R550 000.00 - R650 000.00 Per Year

Cluster Financial Manager

Cape Town
Network Finance
R950 000.00 - R1 000 000.00 Per Year

Reporting Accountant

Cape Town
Network Finance Professional / Prudential
R310 000.00 - R360 000.00 Per Year

Property [change area]

There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.