Koffiedrinker – baie beter as boeretroos

2015-11-12 06:00
=Op die sleepwa op pad na Koffiedrinker met sy agt swempoele en sewe watervalle.                    foto: heilie combrinck

=Op die sleepwa op pad na Koffiedrinker met sy agt swempoele en sewe watervalle. foto: heilie combrinck

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

As iemand half mymerend “Daar is ’n plek . . .” sê, vra waar dit is en gaan! Só het Mariska Spoormakerby Koffiedrinker beland.

Ja-ha-haaa, dit sal wel waar wees – agt swempoele en sewe watervalle in dié kleine kloof wat teen die Tsitsikamma-bergreeks se Piek Formosa opkruip, en niemand weet daarvan nie.

Kom ek maak ’n baie lang storie kort: Ons het toe gegaan. Maar amper nie. Die weervoorspelling was erg ongeskik, en om onder die komberse in die gasteplaas Grootnek se kothuisie te bly lê, het baie beter gevoel.

Gawie, baas van dié plaas, vertel toe ’n interessante storie om ’n Skot, Ier of Engelsman (ek kan nie meer onthou nie) se wyse raad aan ons oor te dra: “If you look at the weather, you will go ­nowhere.”

Toe sê Gawie wéér ons moet maar gaan, al reën dit.

“Julle sal alles glo wat julle al van Koffiedrinker gehoor het as julle eers daar was.”

En daar gaat ons toe, agterop die sleepwa met strooibale vir sitplekke en Kobus Strydom agter die trekkerstuurwiel. Deur Krakeel, die boerdery­dorpie langs die Krakeel­rivier in die Langkloof, by vrugteboorde verby (sommige nog in bot), by Heidi-landskappe verby tot daar waar die rypad nie verder gaan nie.

“Dis net so 45 minute se stap.” Gawie se stem is dun in die wind wat soos Johannesburg-spitsverkeer deur die bome raas.

Vroeër jare was dié gebied toe onder hakea, ’n aggressiewe indringer. Al stappend, klimmend en klip-hoppend oor poele in die mosbeklede (regtig) asemwegslaan-kloof leer ons dankie sê vir die hakea, want dit het baie jare lank mensevoete daar weggehou.

Al vroeg in die vorige eeu was dit die plek waar die mense graag op ’n Sondag ingestap en piekniek gaan hou het, vertel Donald Strydom, ’n boer van Krakeelrivier wat as kannetjie die Koffiedrinker-kloof ’n hele paar keer met sy pa, Alex, en oupa Groot Barend uitgeklim het.

Hy glo Koffiedrinker is so “onbekend” omdat dit nog altyd ’n spesiale plek vir die siel was, nie een vir toeristegeld nie.

“Dit doen iets aan jou menswees; iets wat jy in jou binneste beleef.”

Hy glo ook dié spesiale plekkie is “ ’n emosionele hegtenis wat van generasie na generasie oorgedra is”.

Donald se seun Kobus, ’n ingenieurstudent, is een van dié aan wie die “Koffiedrinker-aflosstokkie” deur ’n vorige generasie (sy oupa Alex) oorhandig is.

Dis Kobus wat die trekker met sleepwa bestuur sodat “buitestanders” nou ook Koffiedrinker se “onbeskryflike spesiaalgeit” kan beleef.

“Maar net ’n bietjie op ’n slag word gevat. Ons pas dit op.”

Niemand kan presies sê op wie se grond Koffiedrinker nou regtig is en waar die naam vandaan kom nie.

Dalk die bruin bos­water?

“Ek weet nie,” antwoord Kobus. “Dalk is dit omdat die mense wat vroeër hier piekniek gehou het, koffie gedrink het. Maar dalk het hulle ook iets sterkers gevat . . .”

Naby Koffiedrinker se eerste diep poel dra ’n boom twee datums: een van 1962 en hoër op 1934. “ ’n Paar manne het hier die jawoord van hul geliefdes gevra,” onthou Kobus sy oupa Alex, nou al saliger, se vertel.

Ons wonder hardop hoekom hulle dit sou doen. Kobus, pienklyf van die koue nadat hy (en ’n dapper drie ander) deur ’n paar poele op pad na die watervalle geswem het, antwoord filosofies:

“Seker maar ’n ding van: As sy of hy nie bereid is om hierdie paadjie saam met jou te stap nie, sal sy of hy nie die ander pad saam met jou stap nie.”

Net die boom met die twee datums dra tot dusver dié stukkie Koffiedrinker-geskiedenis, want sover bekend, is daar geen opgetekende geskiedenis van dié baie spesiale plek nie.

Koffiedrinker se geskiedenis sal dus van voor af uit die pen van besoekers moet “begin”; maar dit sal nie groot wees nie, want die Langklowers wat wéét, sê net ’n paar mense op ’n slag kan gaan.

Alleen sal jy net tot deur die eerste poel (jy móét daardeur swem) by die eerste waterval kan gaan. Daarna raak dit só steil en soveel gevaarliker dat jy toue én ’n plaaslike “kenner” moet saamvat.

Kobus en die sleepwa staan tot die begin van 2016 se akademiese jaar reg om mense soontoe te neem.

Seker ’n peperduur en eksklusiewe storie.

“Nee. Ek wil dit nie doen vir geld nie, want dán is dit werk. Ek wil dit deel. Maar die mense wat saamkom, moet oop wees vir avontuur. En hulle moet weet hulle gaan nat word.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

Man scores date with tennis superstar after Twitter bet

It’s a modern day Cinderella story, but one American man took ‘shoot your shot’ seriously in 2017.

 
 

You won't want to miss...

Who are the highest paid models of 2017?
10 gorgeous plus-sized models who aren't Ashley Graham
5 top leg exercises for men
10 best dressed men of 2017
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.