Kom leer skryf met ATKV

2017-08-17 06:02

IS jy ’n aspirantskrywer? Skryf in vir ATKV-skryfskool.

Die ATKV-skryfskool, aangebied deur ATKV Brandervolts in Jeffreysbaai en ATKV Gamtoosvallei in samewerking met ATKV streeksorganiseerder Elda Kruger, vind op 17 en 18 Augustus plaas.

Skrywers proff. Hans du Plessis en Bernard Odendaal gaan praat oor die bou van ’n boeiende verhaalplot (intrige), die skep van geloofwaardige karakters, die belang van die ruimte- en tydbeelding om die karakters te “plaas” en oor die keuse van ’n verteller van die verhaal.

Die skryfskool op 17 Augustus vind vanaf 14:00 tot 17:00 by die Global Leadership Academy in Jeffreysbaai plaas. Die skryfskool op 18 Augustus vind onderskeidelik vanaf 09:00 tot 12:00 by die Laerskool Gamtoosvallei in Patensie en vanaf 14:00 tot 17:00 by die Hoërskool Nico Malan in Humansdorp plaas.

Toegang is gratis.

Vir inligting, skakel Answa Pieterse by 079 865 6495.

NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.