Kom skep asem by inniKloof

2018-02-08 06:00
Asemrowende uitsig en die ryk plantegroei is beloning na die inniKloof-stap in Hankey.                                                         Foto’s:MONIQUE BASSON

Asemrowende uitsig en die ryk plantegroei is beloning na die inniKloof-stap in Hankey. Foto’s:MONIQUE BASSON

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DAAR is glansverblyf - en dan is daar inniKloof net buite Hankey. Rustig, pragtig en gul net soos die omliggende vallei.

Op die Saterdagoggend van ons kuier by inniKloof op die sitrusplaas, Honey Clough, in die Gamtoosvallei kom eienaar John Wait aangestap om te groet. Kortbroek, T-hemp en kaalvoet . . . dit is warm. Baie warm. En die temperatuur en humiditeit styg steeds. Agter hom verlig die oggendson die Stinkhoutberge soos ’n juweel. Grys wolke hou die belofte van broodnodige reën in. Hulle het net die vorige aand 11mm reën gekry - dankbaar vir elke druppel.

Ek vra vir John oor die plaas - daar is een kampeerterrein en vier swemkuile. Een word tans gebruik om water aan die hoofhuis en besoekers te voorsien.

John glimlag: “Ons wil graag ’n tweede kampeerterrein by Boskrapper aanbring. Hoewel ons vier selfsorg gastehuise het, is ons kampeerterrein veral gewild onder besoe-kers.”

Ons vra uit oor die stywe klim na die fees van watervalle in die Kleinrivier, ’n sytak van die Gamtoosrivier.

“’n Groot deel van die 7km-staproete daarheen, asook die watervalle, is op natuurbewaringsgrond. Weens nuwe regulasies mag ons nie meer besoekers daarheen neem nie,” sê hy.

Ons kan wel die 3.5km-staproete tot by die jy-mag-nie-hier-verbyloop-bordjie van Oos-Kaapse Natuurbewaring aandurf.

Hy waarsku teen die reën wat die vorige dag geval het, en dat dit dalk nat mag wees - veral die oorhangende takke.

Staproete

Vol bravade en ’n waterbottel, sien ons vir die uitdaging kans; min wetende van die swaar-kry wat op ons onfikses wag.

Ons volg die plaaspad tot by Die Nek-bord-jie - die begin van die staproete. Oral is welige plantegroei.

Goebbels, die langbeen-foksterriër, loop ’n ent saam. By die eerste opdraand draai hy stertswaaiend om. En lag vir ons - daarvan is ek seker. Hy weet iets wat ons nie weet nie - dié opdraende is nie vir luies en onfikses nie.

Gly-gly beweeg ons voetjie-vir-voetjie die eerste bult uit - en besef, dié gaan nie maklik wees nie. Hygend beur ons voort.

Bo gekom, lê die valle aan ons voete. Die natuurprag laat ons vinnig van ons moeë bene vergeet en maak alles die moeite werd.

Dan is dit tyd vir terugstap - baie makliker en vinniger as die tog boontoe.

Benewens dié staproete, kan besoekers die nuwe 3.5km Draai-se-Kloof-roete aanpak. As jy ’n bergfiets het, sal dit erg wees om dit nie saam te bring nie.

Waterkuil

Tyd vir afkoel by die waterkuil voor ons die vuur aansteek.

Daar is kano’s en trekker-binnebande by die swemkuil - reg vir dryf.

’n Parmantige padda kyk grootoog van die wal af. ’n Bokkie wys lyf. Dit is net jy en die natuur. Die stilte is salig.

Wat inniKloof so aantreklik maak, is juis die afgesonderheid. Van ’n selfoon kan jy maar vergeet. Hier is geen ontvangs nie.

Die Sondagoggend drink ons vir oulaas voor ons gastehuis koffie . . . dan is dit tyd vir huiswaarts keer.

inniKloof is ’n besoek werd.

Meer inligting

inniKloof is 70km van Port Elizabeth; 55km van Jeffreysbaai; 12km van Hankey; 25km van Patensie; en 60km van Kaap St. Francis af.

Besoekers kan òf in een van die vier ten volle toegeruste gastehuise oorslaap, òf hul tent of karavaan bring.

Besoek www.innikloof.com of gaan loer by inniKloof op Facebook vir meer inligting.

Besprekings en navrae by 042 284 0940 of 042 284 0697, of stuur ’n epos na cdwait@innikloof.com.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.