Kom skiet ‘appels’ in die Langkloof

2019-08-29 06:01

SKUTS van regoor die Oos- en Wes-Kaap korrel eersdaags vír die Langkloof om mededingers met hul skietvernuf op die neus te laat kyk.

Die jaarlikse Langkloof Appelskiet-kompetisie, aangebied deur Suid-Kaap Jagters en die Langkloof Skietklub, in samewerking met Wenkem SA, vind op 7 September by die Langkloof Skietbaan net buite Joubertina plaas.

Skuts kan in die afdelings deelneem: senior, junior, ope en vroue.

Die kompetisie bestaan uit 900 punte en daar word vanuit verskillende posisies geskiet: sit, staan, lê en dooierus. Daar is verskillende tipe teikens wat wissel van ’n appel op ’n riet, teikens met diere, valplate, ’n vlakvark op ’n kabel en ’n springbok met twee balonne.

Niemand ken die afstande van die teikens ken nie en niemand mag ’n afstandmeter gebruik nie.

Oor- en oogbeskerming is noodsaaklik en alle vuurwapens moet tussen bane in ’n geweersak gehou word.

Skuts kan vanaf 07:30 tot 09:00 teen R300 inskryf. Die baan open om 08:30. Verversings sal beskikbaar wees.

Vir meer inligting, skakel Bokkie Kritzinger by 083 444 2365, of Wicus Linde by 082 776 3486.

NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.