Kommer oor reuse-gat ná jaar nog nie gevul

2019-04-11 06:00
’n Gat op die hoek van Noorsekloofweg en Magnoliasirkel in Wavecrest laat inwoners en motoriste rooi sien.                                   Foto:MONIQUE BASSON

’n Gat op die hoek van Noorsekloofweg en Magnoliasirkel in Wavecrest laat inwoners en motoriste rooi sien. Foto:MONIQUE BASSON

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

’n Bielie van ’n gat op ’n sypaadjie in Wavecrest laat inwoners en motoriste rooi sien.

Die gat, van sowat 2 meter in deursnee, is sedert verlede jaar op die hoek van Noorsekloofweg en Magnoliasingel nadat die Kouga-munisipaliteit ’n gebarste waterpyp herstel het.

“Die gat is reg in die middel van die sypaadjie en net so gelos,” sê ’n inwoner wat die probleem al herhaaldelik by die munisipaliteit rapporteer het.

“Jy kan jou motor in die gat wegsteek. En as jou hond of familielid dalk vermis raak, mag hulle dalk in die gat wees.”

Sy is egter bekommerd, omdat die sypaadjie na meer as ’n jaar nog nie beveilig is nie

Volgens haar was daar vir etlike maande geen afspering of iets wat mense teen die reuse gat waarsku nie.

“Later is wit-en-rooi versperringslint aangebring, maar die het sedertdien in die gat verdwyn.”

“Ons klagtes val eenvoudig op dowe ore,” sê sy.

Kouga Infrastruktuur en Ingenieurswese Portefeulje Raadslid Freddy Campher, sê: “Ons vra opreg om verskoning aan inwoners en motoriste vir die wag.

“Die gat moet nie bloot toegegooi word nie. Daar moet ’n stormwater-vangpunt gebou word en daar was ’n oponthoud in die aan-koop van die nodige boumateriaal.

“Die boumateriaal het sedertdien opge-daag. Die span wat die bouwerk moet doen, is net tans besig om werk in Astonbaai te voltooi voor hulle met die Noorsekloof-projek kan begin.

“Ons verwag dat werk daar oor ’n week sal kan begin.”

NEXT ON NEWS24X

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.