Kouga is meer waterplas as dam

2018-01-25 06:01
’n Stroompie water wat sukkelend deur digte gras vloei, is bykans al wat oorgebly het van die Kouga, die Nelson Mandelabaai-metro se grootste dam. Foto:VERSKAF

’n Stroompie water wat sukkelend deur digte gras vloei, is bykans al wat oorgebly het van die Kouga, die Nelson Mandelabaai-metro se grootste dam. Foto:VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIE Nelson Mandelabaai-metro se grootste dam, die Kouga, is op 7,9% slegs ’n stroompie wat sukkelend deur die digte gras vloei wat intussen op die bodem begin groei het.

Plek-plek hou die stroompie op en kan ’n klein plas eers weer meters verder opgespoor word.

’n Video van dié dam, wat ook die Kouga-munisipaliteit – wat Jeffreysbaai en Humansdorp insluit – en die Gamtoosvallei van water voorsien, is op die Oos-Kaapse Agentskap vir Parke en Toerisme(OKPTA) se Facebook-blad geplaas.

Dié video bied ’n duidelike uitsig oor die hele dam, waarin daar amper geen water is nie, behalwe by die keerwal.

Lucas Andrew, die Departement van Water en Sanitasie (DWS) in die Oos-Kaap se di-rekteur van waterregulering en -verbruik, sê die droogte in die provinsie is reeds baie ernstig, veral in die westelike dele.

Volgens hom is vyf munisipaliteite reeds tot rampgebiede verklaar weens die voortslepende droogte en volg ’n sesde een binnekort.

Die Nelson Mandelabaai-metro, die Sarah Baartman-distriksmunisipaliteit, die Amathole-distriksmunisipaliteit, die Makana-munisipaliteit en die Kouga-munisipaliteit, wat Humansdorp en Jeffreysbaai insluit, is reeds amptelik rampgebiede.

Die proses om die O.R. Tambo-distriksmunisipaliteit, wat dorpe soos Mthatha en Port St. Johns insluit, tot rampgebied te verklaar is aan die gang.

Andrew sê provinsiale rampbestuur is van plan om eersdaags die hele provinsie tot ’n rampgebied te verklaar.

“Munisipaliteite vind dit moeilik om kop bo water te hou met die droogte en die meeste het al hul bedryfsbegrotings vir watertenks uitgeput.

“Die reënval was baie onvoorspelbaar, met sekere damme in die provinsie wat vol is, terwyl ander baie leeg bly,” sê hy.

“Daar word ook voorspel dat die westelike dele van die provinsie steeds toestande sal ervaar wat droër as gewoonlik is, terwyl die oostelike dele dalk goeie reën of selfs vloede sal kry.”

Andrew sê gerugte dat inwoners van Jeffreysbaai nou tot 30 liter water per persoon per dag beperk word, is nie waar nie.

“Daar word van die munisipaliteit verwag om ’n 25%-beperking op water vir huishoudelike gebruik en 60% vir besproeiingsdoeleindes te plaas.”

Op ’n vraag oor hoe die DWS besoekers aan toeriste-trekpleisters soos Port Elizabeth, Jeffreysbaai en Port Alfred bewus gemaak het van die erns van die droogte, het Andrew geantwoord:

“Bewusmakingsveldtogte is onderneem, maar toeriste gebruik die water van die plek waar hulle bly.

“Dit is dié plekke wat die waterrekening kry, so hulle moet seker maak dat hul huurders of loseerders die waterbeperkings verstaan.”

Hy sê ondanks die begin van die somerreëns is die Oos-Kaap steeds in die kloue van ’n ernstige droogte.

“Ons doen ’n beroep op die sektor, regering en die individuele verbruikers om bewus te wees hiervan, waterverbruik te verminder en lekkasies aan te meld.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.