Kouga kyk weer na vorige boeke

2017-02-16 06:02

DIE munisipale raad van Kouga gaan ondersoeke na onreëlmatige en verkwiste uitgawes ten bedrae van R483,2 miljoen heropen. Die uitgawes dateer uit 2010.

Dit is luidens die ouditverslag-aksieplan vir die 2015-’16-boekjaar, wat Vrydag op ’n raadsvergadering ter tafel gelê is as deel van die tweede konsep van die munisipaliteit se jaarverslag vir 2015-’16.

Elza van Lingen, burgemeester, sê terwyl die munisipaliteit ’n ongekwalifiseerde ouditverslag vir 2015-’16 ontvang het, het die kantoor van die ouditeur-generaal (OG) dit duidelik gestel dat alles by dié munisipaliteit nie is soos verwag word nie.

“Een van die kwessies wat deur die OG aangeroer is, is die R483,2 miljoen. Hierdie bedrag het oor sewe jaar – van 2010 tot 2016 – opgehoop en is nog nooit deur die vorige rade afgehandel nie,” sê sy.

“Dit is ’n klomp geld waarvoor daar geen behoorlike rekenskap gegee word nie. Ons is dit aan die mense van Kouga verskuldig om vas te stel waarom die geld nie bestee is volgens regulasies nie en om dit reg te stel waar moontlik.”

Die saak sal na die munisipaliteit se nuwe komitee oor munisipale openbare rekeninge verwys word.

“Die komitee sal die saak ondersoek en aanbevelings aan die raad doen.”

Van Lingen sê ander sake van belang wat deur die OG in die verslag vir 2015-’16 uitgelig is, is ’n gebrek aan behoorlike verrigting- en batebestuur.

In die verslag is waterverliese van 38,61% ook belig.

“Dit is heelwat hoër as die norm van 30% en kom neer op ’n verlies van sowat R20 miljoen in die konteks van die jaarlikse begroting.

“Dit is onaanvaarbaar, veral onder die huidige omstandighede waarin ons gedruk word om water te bespaar.”

Luidens die ouditverslag is die verliese hoofsaaklik weens foutiewe meters en onwettige verbindings.

Ander bydraende faktore is die verouderde en verswakte waterinfrastruktuur.

Van Lingen sê die ouditverslag vir 2015-’16, asook die aksieplan om sake te beklemtoon wat die OG uitgelig het, sal aan die publiek vir kommentaar beskikbaar wees as deel van die tweede konsepjaarverslag.

“Ons wil graag die inwoners aanmoedig om ’n aktiewe rol in die proses te speel.

“Ons moet die gemors wat ons geërf het saam skoonmaak sodat Kouga vorentoe kan beweeg in ooreenstemming met ons nuwe visie, wat goeie bestuur en uitnemende dienslewering eerste stel,” sê sy.

NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 

Matric Results are coming soon!

Notify me when results become available

This site is protected by reCAPTCHA and the Google Privacy Policy and Terms of Service apply.

/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.