Kouga-raad sny kostes

2017-06-08 06:01

KOUGA gemeenskappe sal vanaf Julie 2017 minder betaal vir die huur van munisipale sale en sportgeriewe, asook vir begraafplaas- en begrafnisverwante tariewe.

Dít is die goeie nuus wat Kouga se uitvoerende burgemeester, Elza van Lingen, verlede week bekendgemaak het toe die munisipaliteit se begroting vir die nuwe boek-jaar voor die raad gedien het.

Die 2017/2018 begroting is eenparig deur die raad aanvaar en sal vanaf Julie 2017 geïmplementeer word.

Van Lingen sê dat voorheenbenadeelde gemeenskappe versoek het dat die munisipaliteit die koste verminder vir die huur van sale en sportgeriewe, asook begraafplaas en begrafnisverwante tariewe.

“Ons het gevolglik hierdie tariewe met 20% verlaag in ooreenstemming met ons verbintenis om ‘n pro-arm begroting op te stel.

Voorts het ons die koste van grondgebruik-aansoeke in voorheenbenadeelde gebiede met 20% verminder. Dit sluit in hersonerings, afwykings, onderverdeling en gebruiksreg.”

Ingevolge die goedgekeurde begroting is die bedryfsinkomste vir die boekjaar 2017/18 altesaam R684, 339 miljoen, wat ‘n 7,03% styging verteenwoordig in vergelyking met die aansuiweringsbegroting van 2016/17.

Die volgende tariefverhogings is goedgekeur:

  • Eiendomsbelasting - 8%
  • Water – 9,5%
  • Sanitasie – 9%
  • Vullisverwydering – 9%
  • Elektrisiteit (gemiddelde styging in inkomste) – 2,05%,
  • Omgewingsbestuur (EMF) – 6%

Die totale bedryfsuitgawes het met R49,302 miljoen gestyg van R695,54 miljoen in 2016/17 tot R744, 842 miljoen in 2017/18. Dit verteenwoordig ‘n styging van 7,09%.

Die kapitaalbegroting is R59,68 miljoen, wat R8,7 miljoen of 12,73% minder is as die aansuiweringsbegroting vir 2016/17.

Van Lingen sê die vervalle toestand van die munisipaliteit se elektriese infrastruktuur, water- en sanitasie-infrastruktuur, paaie en stormwaterdreinering was ‘n groot uitdaging.

“Om dit te hanteer, is ‘n bedrag van R42 miljoen, wat gelyk is aan 5,65% van die totale bedryfsbegroting, toegeken vir herstelwerk en instandhouding.

“’n Bykomende R2 miljoen van die EMF is opsygesit vir instandhouding en opknapping van strandgebiede.”

Sy sê hoewel die herstel- en instandhoudingbegroting kleiner as die raad se teiken van 8% was, is besluit dat dit meer finansiële sin maak om voertuie te vervang wat nie meer funksioneel is nie in plaas daarvan dat groot bedrae aan herstelwerk spandeer word.

‘n Bedrag van R8,8 miljoen is goedgekeur vir die aankoop van nuwe voertuie.

Sy sê die raad meen dat dienslewering ook deur die organigram verhinder word, met personeelkoste wat R256,022 miljoen of 34,37% van die totale bedryfsuitgawes verteenwoordig.

“Die aanpassing van die organigram by die behoeftes van die instelling sal ‘n belangrike fokusgebied van ons nuwe munisipale bestuurder wees. ’n Werkplekstudie en vaardigheidsoutdit sal deel van die proses wees.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

5 top leg exercises for men

Here’s our selection of the five best leg exercises that you can do in the comfort of your own home.

 
 

You won't want to miss...

WATCH: Pornhub is giving users free access to premium content this holidays
5 top leg exercises for men
10 best dressed men of 2017
How to open a beer bottle without an opener
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.