INWONERS van die Kouga-munisipaliteit is ontstoke oor hul afgestorwe geliefdes in “varkhok-begraafplase” begrawe moet lê.
Die Centerton-begraafplaas in Hankey is só met onkruid oorgroei dat veral vroue wat grafte hier wil besoek, glo te bang is om daarheen te gaan, sê Martin August, onderhoof van die Patensie Primêre Skool.
Martin is ontstig oor van die grafte oop is en dat beendere daar naby lê. “Ons weet nie of die bene afkomstig is van daardie graf en of dit deel van ’n menslike oorskot is nie. Dit is glo al ’n geruime tyd so oop, maar perso-neel wend geen poging aan om ondersoek in te stel of om dit weer op te vul nie.
“Die begraafplaas is nie omhein nie, en bees-te, bokke en skape gereeld daar,” sê August.
Volgens die inwoners is al die begraafplase, nes Centerton, in ’n slegte toestand.
Laura-Leigh Randall, Kouga se munisipale woordvoerder, sê die munisipaliteit kon die afgelope paar jaar weens finansiële beperkings en arbeidstekorte, nie begraafplase onderhou soos hulle graag wou nie.
“Ons vra om verskoning vir diegene wat hierdeur geraak word. Ons kan inwoners die versekering gee dat omstandighede verbeter het en die munisipaliteit reeds besig is om werk daarvan te maak.”
Sy sê dat die munisipaliteit se instandhou-dingsbegroting nou beter lyk.
“Die munisipaliteit se geldelike situasie het oor die afgelope vyf jaar baie verbeter en meer geld kon opsy vir begraafplase gesit word. Ons verwag dat Hankey se begraafplaas reeds hierdie maand opgeknap sal word.”