Kougadam se opvangsgebied ‘móét vroeë winterreën kry’

2018-04-19 06:01
: Petrus (Spes) du Preez, voorsitter van die Gamtoos-boerevereeniging. Foto: VERSKAF

: Petrus (Spes) du Preez, voorsitter van die Gamtoos-boerevereeniging. Foto: VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Hoeveel water kan jy aan ’n boer gee as die besproeiingsdam waarvan hy afhanklik is se inhoud slegs 10% is, en jy is slegs geregtig op 40% daarvan as gevolg van ’n streng kwota?

Petrus (Spes) du Preez, voorsitter van die Gamtoos-boerevere-niging, sê as daar nie genoeg reën in die volgende paar maande in die Kougadam se opvangsgebied val nie, sal daar uiteraard weer ’n lae kwota aan die gebied se boere toegeken word wanneer die nuwe waterjaar op 1 Julie begin.

Vir die waterjaar vanaf 1 Julie verlede jaar is dit reeds met 60% ingekort weens die lae vlak van die dam. Die besproeiingsjaar eindig 30 Junie.

Volgens Du Preez sal die sitrusoes na verwagting sowat 12% tot 15% kleiner wees as die vorige seisoen.

Gemengdesitrus- en kontantgewasprodusente hou by die besluit dat kontantgewasaanplantings gestaak word totdat normale kwotas weer geld, met die gevolg dat daar tans baie min kontantgewasse, soos groente, gekweek kan word.

“Terwyl die gebied juis bekend staan as die spens van die Oos-Kaap omdat dit die provinsie se grootste groenteverskaffer is. Waar die plaaslike aanbod kleiner is, word dit hoofsaaklik vanuit die noordelike gebiede, waar die reënval bo normaal is, aangevul.

“Supermarkte het baie goeie verspreidingsnetwerke reg oor die land en kan hierdie tekorte in ’n mate hanteer,” sê Du Preez.

Hy sê die sitrus-oes lyk onder die droë toestande verbasend gesond en hulle verwag ’n redelik gemiddelde oes van goeie gehalte, met dalk kleiner vrugte in van die variëteite, met veral ouer bome wat meer stres wys.

Die werklike impak op die oeste sal eers bepaal kan word wanneer die oeste afgehaal word.

“Ons besproeiingsdam, die Kouga, is steeds net sowat 10% vol. Maar wat kan jy uitdeel as ’n dam se inhoud 10% is? Die belangrikste is dat ons darem water het om die huidige oes te verseker, hoewel heelwat boere dit teen groot koste regkry uit boorgate en op ander maniere.

“Die 2019-oes is ons volgende uitdaging. Ons glo egter op uitkoms in die volgende seisoen.

“Hoewel ons met die beperkte water die sitrus redelik goed kan besproei deur middel van goed beproefde skedulering, is die algemene dorre klimaat van lae lugvog baie nega-tief.

“Ons het gekwalifiseerde besproeiingskonsultante wat krisiswaterbestuursprogramme aanbied, wat jy wel toepas as jy water beskikbaar het. Dit is egter van kritieke belang dat genoeg reën in die opvangsgebiede van die Kougadam val voordat die winter aanbreek.

NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Most Read
News In Your Area
Top Lifestyle
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.