Kwadrupleeg maak spookasem-plan

2016-06-09 06:00
Jenovan Jonas (26).   Foto: MONIQUE BASSON

Jenovan Jonas (26). Foto: MONIQUE BASSON

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

“ELKEEN het sy eie stryd - myne is net sigbaar. Ek is nie slegter daaraan toe nie. Eintlik was my ongeluk ’n seën.”

Jenovan Jonas (26) van Patensie, ’n voormalige Suid-Afrikaanse Polisiediens-leerling, sê sy lewe het toe nie op 2 Januarie 2013 tot stilstand gekom toe sy nek in ’n fratsonge-luk gebreek is en hy die pad van ’n kwadrupleeg begin loop het nie.

Hy kyk vorentoe noudat sy loopbaan weer op dreef kom met ’n soet en splinternuwe spookasem-plan. Hy weet ’n opwindende nuwe lewens- én loopbaanfase het aangebreek. Hy maak grappies, vra uit, met ’n byna vasberade vrolikheid. Elke ongemaklike oomblik of stilte word weg geskerts.

Ná Jonas se duikongeluk meer as drie jaar gelede, moes hy ’n plan maak om sy ouers te help om vir sy terapie en medikasie te betaal. “Ek was van kleins af lief vir spookasem en het besluit om die liefde te gebruik om ’n in-komste te genereer,” sê hy.

Hy verskaf sedert April vanjaar spookasem aan die plaaslike winkels, skole, feeste en partytjies.

Jonas verkoop Saterdag sy spookasem by die Gamtoos Toerisme Sitrusfees.

“My liefde vir spookasem het begin toe ek vir die eerste keer saam met die kleuterskool na die sirkus gegaan het. Tot vandag toe, meer as 20 jaar later, is ek steeds lief daarvoor.

“Die pienk spookasem is defnitief my gunsteling.”

Volgens Jonas word die spookasem tuis gemaak. “My ouers doen al die harde werk. Op die manier hou ek hulle besig en fiks,” sê hy laggend. “Ek sit die masjien aan en is die pro-duksie kontroleerder.

“My doelwit is om aan die hele Oos-Kaap spookasem te verskaf en om dié fondse te gebruik om ander wat in dieselfde posisie as ek is, te help. Ek het geleer dat met geloof, ’n positiewe ingesteldheid en harde werk, alles moontlik is.”

Jonas sê sy lewe het deur ’n “sorglose speletjie” handomkeer verander.

“’n Swembad en ’n duik. Toe is alles oor,” sê hy. “Ek het met die opkomslag teen die kant van die swembad vasgeswem. Eers het die ding my nie ordentlik getref nie. Ek het ge-dink ek het so ’n bietjie seergekry.

“Toe ek kop onderstebo begin water sluk, het ek geweet hier is groot fout.”

Jonas vertel: “Ek het paniekerig geraak, maar besef ek kan mos nie in só ’n toestand by die hemel opdaag nie, en het weer kalm geraak. Toe dit rondom my begin donker raak, het ek my doodsgebed opgesê. Maar die lig waarvan almal praat, wou net nie kom.

“Ek moes inderhaas my gebed verander en het vir die krag van Simson gebid sodat ek kan oorleef. Toe ek vir lewe vra, I hit the spot. Ek was nog nie eers halfpad gebid nie, toe trek my vriend my uit die water. Hy het my by die hekke van die hemel kom haal.”

Jonas vertel laggend: “As ’n polisie-leerling het ek altyd geweet dat die kans bestaan dat ek ’n ernstige besering kan opdoen. Maar ek het gedink dit sal meer heldhaftig wees. Ge-skiet, of so iets, jy weet?”

Volgens Jonas het hy ’n dekompressie- en ruggraatsamesmeltingoperasie ondergaan en moes agt dae in die intensiewe sorgeenheid deurbring, waarna hy vir 14 weke by die Aurora Rehabilitasie Hospitaal terapie ontvang het.

“Die dokters het my laat verstaan dat die implikasies van my ongeluk van so ’n ernstige aard is dat ek nooit weer iets vir myself sal kan doen nie. Ek sal die res van my lewe in ’n rolstoel deurbring,” sê Jonas.

“Alhoewel die nuus baie hartseer was, het ek geweet dat ek nie moed kan opgee nie. Ek moet positief bly. Met die ondersteuning en gebede van my familie en die breë gemeenskap, het ’n wonderwerk gebeur. Ek het weer gevoel en beweging in my ledemate teruggekry.

“Met die hulp van fisioterapie, arbiedsterapie en hidroterapie het my liggaam goed herstel en versterk steeds. Tans loop ek met behulp van krukke, maar gebruik steeds die rolstoel vir langer afstande.”

Om spookasem te bestel, skakel Jonas by 073 816 6265 of 042 283 0556.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

Man scores date with tennis superstar after Twitter bet

It’s a modern day Cinderella story, but one American man took ‘shoot your shot’ seriously in 2017.

 
 

You won't want to miss...

6 myths about male cancer
Who are the highest paid models of 2017?
10 gorgeous plus-sized models who aren't Ashley Graham
5 top leg exercises for men
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.