Laerskool vier eeu met fees

2019-04-11 06:01
Reg om fees te vier: Nyasha Mbizi, Kelly Coetsee, Brogan Lubbe, Gabriella Willemse, Zethe Adams en Lily Vieira Da Cruz.                                                                   Foto:MONIQUE BASSON

Reg om fees te vier: Nyasha Mbizi, Kelly Coetsee, Brogan Lubbe, Gabriella Willemse, Zethe Adams en Lily Vieira Da Cruz. Foto:MONIQUE BASSON

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

ATKV . . . trapkarre . . . speletjies . . . kunstenaars . . . potjiekos-kompetisie . . . en spitbraai.

Die Laerskool Jeffreysbaai hou groot fees op Vrydag 12 April ter viering van die skool se 100ste bestaansjaar.

Die fees skop af met verskeie speletjies vir leerders: kussinggevegte, sumo-stoei, ‘inflatables’, trekkerritte, boogskiet, ‘paintball’, trapkarre, ‘lasertag’, ‘minute-to-win-it’, fotohokkie en kuns en kunsvlyttafel.

Daar is ’n spesiale afgeskorte speelarea vir kleuters tussen die ouderdom van vier en vyf jaar.

Leerders kan om 11:00 hul springvernuf - op een been - op die maat van musiek op die verhoog ten toon stel.

Vir sportliefhebbers en adrenalien-verslaafdes is daar ’n bergfiets-kompetisie om 12:00.

’n ‘Colour Run’ vind om 15:00 plaas.

Die Junior Mnr. en Mej. Eeufees vind om 17:00 plaas, terwyl die Senior Mnr. en Mej. Eeufees om 18:30 plaasvind. Die ouderdomsgroepe is 6 tot 10 jaar (junior), 11 tot 14 jaar (junior) en 15 to 18 jaar (senior).

Dirk Ellis Motors bied om 18:00 hul 100 Ball Challenge aan. Tydens die uitdaging moet 100 balle so vinnig moontlik in die kattebak van ’n Volkswagen up! gegooi word. Die beste ouer-en-kind span wen R1 000.

Nog feesvieringe

’n Heerlike ATKV Klank- en Kuieraand met sang deur plaaslike oud-leerders, asook bekende kunstenaars The Wondering Watsons, Onder Konstruksie, Sunshine Factory en The Lucas Reunion vind vanaf 19:00 tot 23:00 plaas.

Daar is ook ’n potjiekoskompetisie en ’n spitbraai. Bestellings vir etes moet vooraf geplaas word. ’n Kontantkroeg sal beskikbaar wees.

Meer inligting

Hekke open om 12:00.

Kostes van kaartjies beloop R50 per persoon (sluit dagpas uit). ’n Dagpas teen R70 vir kinders, word ook aangebied. Kaartjies sluit toegang tot die verskeie kunstenaars in.

Vir meer inligting of inskrywingsvorms, skakel Luzaan of Yolandi by 042 293 1343 tussen 07:00 en 15:00.

Besoek www.jeffreysbayprimary.co.za.

NEXT ON NEWS24X

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.