Langkloof hou jaarlikse Bloeiselfees

2018-10-25 06:01
Die motorfietspretren, Roof of the Langkloof, skop op Saterdag, 27 Oktober om 09:00 behoorlik stof op.                                                    Foto:VERSKAF

Die motorfietspretren, Roof of the Langkloof, skop op Saterdag, 27 Oktober om 09:00 behoorlik stof op. Foto:VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

SOET, sappige appels . . . topvermaak . . . stalletjies . . . eetgoed . . . feesvure . . .

Die Langkloof hou fees - Bloeiselfees.

Die gewilde Langkloof Bloeiselfees vind vanaf vandag tot 27 Oktober in Joubertina plaas - die ideale wegbreek vir die hele gesin.

Besoekers aan die fees kan opgewonde uitsien na talle kunsmark-stalletjies, speelgoed, vars groente, plaaslike kaas, bekroonde wyne, implemente en van die land se gewilde sangers, soos Elvis Blue en Lianie May.

Die fees skop vanjaar met ’n borgefunksie op Donderdag, 25 Oktober by die feestent af.

Langkloof Boeredag

Soos dit hoort, begin die Vrydagoggend met ’n groot boeredag wat ’n seminaar met sprekers, soos Brand Pretorius, Sean Walsh, Chris Barnard, Lynette Beer, Chris Coetzee en Liesel Krause, asook ’n interessante tentoonstelling, insluit.

Die seminaar vind vanaf 08:00 tot 14:00 by die George McLachlan-saal in Joubertina plaas. ’n Kontantkroeg sal beskikbaar wees.

Toegang is R370 per persoon.

Nóg vermaak

Feesgangers kan verder uitsien na ’n skole-vertoning deur Henties en die Skelm Skurk, ’n polisiehondevertoning, en ’n toorkunsvertoning deur Popsi.

Elvis Blue sluit die aand op ’n hoë noot af.

Kaartjies vir die vertoning om 19:00 vir 19:30, kos R160 (tafels) en R110 (stoele) per persoon.

Vir kaartjies, skakel die skool by 042 273 1335.

Colour Walk

Die Saterdag is die groot dag met onder meer die heel eerste 5km Bloeiselfees Colour Walk om 08:00 by die sportgronde.

Die koste is R70 per persoon (sluit hekgeld in) en registrasie is vanaf 06:3 tot 07:30.

Vir meer inligting, skakel Celeste Walters by 083 351 7002 of Daleen Strydom by 042 273 1335.

Saterdag-vermaak

Die motorfietspretren, Roof of the Langkloof, skop om 09:00 behoorlik stof op, terwyl ’n hondeskou om 10:00 plaasvind.

Net na 16:00 vertel Gertjie Odendaal lekker stoepstories, terwyl Lianie May feesgangers vanaf 20:00 gaan vermaak.

Daar is ook deurlopend kindervmaak: reptielvertoning, toorkunsvertoning met Popsi en boeresport.

En ja, daar is ’n groot skerm vir die rugby-uitsending . . .

Die fees sluit die Sondag om 09:30 met ’n lofdiens deur Koos van der Merwe af. Vir die jongspan is daar kinderkerk deur Popsi.

Meer inligting

Kaartjies kos R30 vir volwassenes en R15 vir pensionarisse en laerskoolkinders op die Vrydag, terwyl kaartjies vir die Saterdag R50 vir volwassenes en R30 vir pensionarisse en laerskoolleerders uit die sak sal jaag.

Vir meer inligting, skakel Michelle Terblanche by 083 788 3648 of besoek www.langklooffees.co.za.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.