Langkloof skud bloeisels reg vir fees

2017-10-26 06:01

DIE Langkloof Bloeiselfees, wat ’n rustige dorpie soos Joubertina se hart pure adrenalien laat pomp, begin vandag “blom”.

Geleë in die hartjie van die Langkloof op die welbe-kende Roete 62, is dié fees die ideale wegbreekgeleentheid vir die hele gesin.

Van die land se topkunstenaars en vermaaklikheidsterre is vanjaar by die fees te sien. Feesgangers kan uitsien na verskeie landbou-uitstallings, stalletjies en hope kindervermaak.

Die fees begin op ’n snaakse noot met komediant Marion Holm en haar nuwe produksie, Ag, kom ek val sommer met die Holm in die huis. Tof jouself op met die rooiste lipstiffie, krale, hakskoene of ’n hoed en geniet ’n vrouemiddag propvol komiese vermaak, heerlike kos en drinkgoed.

Die Vrydag skop af met ’n groot boeredag wat ’n seminaar met sprekers soos Joey Evans, Henning Gericke, Iwan Labuschagne, Vanessa Moodley en Jacques Fourché, asook ’n intressante tentoonstelling, insluit.

Emo Adams vermaak feesgangers die aand.

Die Saterdag is die groot dag met onder meer die Langkloof-bergfietsuitdaging (80k, 40km en 10km), die motorfietspretren Roof of the Langkloof, ’n hondeskou en ’n troeteldierkompetisie. Daar is ook vermaak uit die boonste rakke met DJ Ossewa.

Die fees sluit af met ’n lofdiens die Sondag.

Toegang vir die Vrydag is R30 vir volwassenes en R25 vir pensionarisse en laerskoolleerders. Toegang vir die Satersdag is R50 vir volwassenes en R30 vir pensionarisse en laerskoolleerders.

Vir die volledige feesprogram, besoek www.langklooffees.co.za.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.