Langkloof stoei teen brande

2016-12-15 06:01

BOERE in die Langkloof span steeds kragte saam teen veldbrande wat al mer as ’n week lank in dié gebied woed.

Talle inwoners van dié Oos-Kaapse boerderygemeenskap het die afgelope week hul dagtake opsy gesit en die brande in die berge in bedwang probeer bring.

“Die boere het eenvoudig saamgekom en hul toerusting en werkers beskikbaar gestel en almal het saamgewerk om die brand te bestry,” sê Derrick Frey, ’n AfriForum-voorsitter in die gebied.

Verskeie brandpaaie is gemaak.

“Ons grootste bekommernis is dat die vlamme oor die R62 sal spring. Indien die wind noordoos sou draai, sal die vlamme oor die R62 spring en dan het ons groot pro-bleme, aangesien die brand dan op die boere se lande sal afpyl.”

Volgens Frey het die brand verlede Sondag by die stortingsterrein op Joubertina ontstaan, van waar dit buite beheer geraak en oor die Kouga-bergreeks versprei het.

“Die brand het tussen Joubertina tot by Studtis, sowat 140 km verder, versprei. Dit is duisende hektaar wat in die brand verskroei is.”

Frey sê die stortingsterrein op Joubertina is al ’n geruime tyd ’n probleem vir die gebied. “Daar is geen heinings of bestuur by die stortingsterrein nie en dit is wanneer die brande ontstaan. Die vlamme brand reguit na die Kougaberge toe.”

Francois Strydom, raadslid van die Koukamma-munisipaliteit, het bevestig dat die brand wel by die munisipale stortingsterrein op Joubertina ontstaan het. Strydom sê dit is onwettig om op ’n stortingsterrein te brand en wou nie bespiegel oor hoe die brand daar ontstaan het nie.

Hy sê die “wegholbrand” van die afgelope week het dit duidelik gemaak dat blokbrande, veral vir die fynbos, weer as voorsorgmaatreël gedoen moet word. “Beheerde voorbrande is al wat ’n wegholbrand soos die afgelope week s’n kan voorkom.”

  • Die woordvoerder van die Koukamma-munisipaliteit was nie vir kommentaar beskikbaar nie.

NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.