Lees die volk nog?

2016-08-11 06:00

TEGNOLOGIE verander voortdurend . . . ook in die leserswêreld.

Deesdae is dit e-boeke, webwerwe, internet-leesgroepe, selfpublikasie in die ruim bo en om ons, rekenaarspeletjies - al die dinge wat die ge-not van ’n lekker, egte leesboek begin vervang.

En hoe lyk die leeskultuur in Jeffreysbaai? Die biblioteek het ongeveer ’n jaar gelede na die Skiboot-klubgebou in Diazstraat verskuif. Die plek, onder leiding van bibliotekaresse Linda Jack, is netjies georganiseer, met ’n ledetal van ongeveer 10 000 lesers, van wie slegs 1 000 aktiewe lesers is.

Leespatrone en mediagebruik lyk anders. Die biblioteek se primêre fokus is op ontspanningsliteratuur. Kinders en Engelssprekendes lees rillers, Afrikaanse vroue verkies liefdesromans. Minder jongmense besoek die biblioteek.

  • Kinder

Die goeie nuus is dat daar gereeld nuwe lede aansluit. In die afgelope sewe maande is ongeveer 5 000 boeke elke maand deur lesers uitgeneem.

Dit lyk asof die provinsiale regering se belangstelling nog nie heeltemal gesterf het nie. Twee keer per jaar word ’n kleinerige hoe-veelheid boeke aan die biblioteek toegesê. Daar is dus altyd ’n vraag na skenkings van die publiek, asook ’n behoefte na die jongste publikasies.

Volgens Paul Sieberhagen van die Vriende van die Biblioteek, het dié groep yweraars sedert hul ontstaan in 1999 ongeveer R315 000 gegenereer en aan die biblioteek geskenk. Hulle verkoop steeds Saterdagoggende boeke by Spar, en Vrydae tussen 09:00 en 11:00 by die Newton-saal, waar hulle depot is.

Hy en Clarissa Rudd van die biblioteek is dit eens dat daar steeds ’n goeie verskeidenheid boeke beskikbaar is.

Lesers is ingeligte mense. Jeffreysbaai se publiek word dus nie net genooi om te lees nie, maar ook om hulle goeie boeke met die biblio-teek en dorp te deel.

Voornemende skenkers kan die biblioteek kontak, of die voorsitter van die Vriende, Connie Knoetze, tesouriere Sheila Schwind, Dirk Staal, of Paul Sieberhagen by 042 296 2082.

NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.