Leunberg wil sewe getuies roep

2019-03-28 06:01
Moordbeskuldigde Jens Leunberg verlede Woensdag n die beskuldigdebank in die hooggeregshof in Port Elizabeth. Langs hom sit sy medebeskuldigde, Kristina Adler. INLAS: Clause Schroeder.              Foto:LULAMA ZENZILE

Moordbeskuldigde Jens Leunberg verlede Woensdag n die beskuldigdebank in die hooggeregshof in Port Elizabeth. Langs hom sit sy medebeskuldigde, Kristina Adler. INLAS: Clause Schroeder. Foto:LULAMA ZENZILE

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIE verhoor oor die moord op Claus Schroeder, ’n sakeman van Jeffreysbaai, het in die pylvak ’n terugslag gekry.

Die hooggeregshof in Port Elizabeth het verlede Woensdag gehoor dat Jens Leunberg, ’n Duitse burger en een van die moordbeskuldigdes, sy regsverteenwoordiger, Danie Gouws, afgedank en ’n aansoek om verteenwoordiging by Regshulp Suid-Afrika ingedien het.

Die onderskeie regsverteenwoordigers en die staatsaanklaer maak ná ’n verhoor van vier jaar gereed om hul slotbetoë te lewer.

Leunberg en Kristina Adler is reeds agt jaar gelede in hegtenis geneem en aangekla van die moord op Schroe-der, wat op 14 Augustus 2009 onder raaiselagtige omstandighede van sy plaas in Thornhill net buite Jeffreysbaai verdwyn het.

Die verhoor het egter eers vier jaar gelede begin.

Gouws het regter Thembekile Malusi gister meegedeel dat Leunberg sy mandaat beëindig het.

Hy het verlof gevra om hom aan die saak te onttrek.

Malusi het Gouws gevra om sy slotbetoë af te handel en die “vrugte van sy arbeid” in die saak by die hof in te dien.

Gouws het ingestem, maar gesê hy sal drie tot vier weke benodig om die slotbetoë te voltooi.

Malusi het hierna sy aandag op Leunberg in die beskuldigdebank gevestig en wou by hom weet wat sy plan rakende regsverteenwoordiging is.

Leunberg het deur ’n tolk gesê hy wag om te hoor of Regshulp Suid-Afrika sy aansoek goedgekeur het, waarna hy beplan om sy ma van Duitsland te laat kom om te getuig.

Hy wil ook sewe ander getuies roep.

Hulle sal glo getuienis lewer oor Schroeder wat insolvent was, asook oor dokumente rakende ’n Duitse ondersoek en oor die dag waarop Schroeder verdwyn het.

Adv. Johan van der Spuy van Regshulp Suid-Afrika het gesê Leunberg sal vertoë moet rig met redes hoekom hy weer hulp van dié organisasie moet kry.

Leunberg het reeds voorheen ’n regsverteenwoordiger van Regshulp Suid-Afrika afgedank.

Van der Spuy het gesê Regshulp Suid-Afrika gebruik staatsgeld en kan nie geld vermors op mense wat regsverteenwoordigers lukraak afdank nie.

Malusi het Leunberg tot 28 Maart gegee om regshulp te kry waarna hy ’n besluit oor die pad vorentoe vir die verhoor sal neem.

“Hierdie verhoor duur al vier jaar. Dit is tyd dat dit gefinaliseer word. Albei beskuldigdes en die klaer ver- dien afsluiting.”

Hoewel Schroeder se lyk nooit gevind is nie, is hy later dood verklaar.

Leunberg en Adler word daarvan beskuldig dat hulle hom met miljoene rande wou bedrieg deur met vervalste finansiële dokumente sy plaas in Thornhill te koop.

Die staat beweer hulle het Schroeder vermoor toe hy van die bedrogspul uitgevind en hulle daaroor gekonfronteer het.

NEXT ON NEWS24X

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.