Lig skyn uit skoot in die donker

2019-07-04 06:01
Ansophie van der Merwe (regs) van Routed Roasters in First Light Coffee in Jeffreysbaai het die derde plek in The Coffee Magazine se A Shot in the Dark roosterkompetisie opgeraap. André Vermeulen (links) het met die louere wegge-stap.         Foto:VERSKAF

Ansophie van der Merwe (regs) van Routed Roasters in First Light Coffee in Jeffreysbaai het die derde plek in The Coffee Magazine se A Shot in the Dark roosterkompetisie opgeraap. André Vermeulen (links) het met die louere wegge-stap. Foto:VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

JEFFREYSBAAI is bekend met wêreldbestes – van die beste branderplankry-golwe en nou ook van die erkende top koffieroosters.

Ansophie van der Merwe van Routed Roasters in First Light Coffee het die derde plek voor die ander koffiekenners se neuse weg-geraap in The Coffee Magazine se A Shot in the Dark roosterkompetisie.

Percy Chikwira van Infood Coffee Roastery was ook onder die Top 10-kwalifiseerders wat van 26 tot 28 Junie aan die finaal van Suid-Afrika se enigste roosterkompetisie deelgeneem het. Vanjaar is die kompetisie aan mededingers van regoor die land én die wêreld oopge-stel.

Ansophie is haar beskeie self. “Dit was ’n uitstekende geleentheid om te leer, en bete-ken soveel vir Routers en First Light. Dit is natuurlik goed vir die onderneming ook.”

Sy sê: “Dit was ‘n eer om die die Top 10 te wees, maar om derde te kom, was awesome!”

Routers Roasters is binne First Light Coffee naby die J-Bay Surf Village en die hoofstrand geleë. Dis ’n tuisvoel-plek, lig en ruim, kompleet met rusbanke, houtvloere en, uiteraard, puik koffie. En die beste affogato met grondboontjiebotter-roomys ooit.

Dit is ook ’n plek wat wenners oplewer. Hierdie is nie Ansophie se eerste topplek nie. Sy het voorheen in Port Elizabeth ’n wenplek vir kundige koffieproe ingepalm.

Sy is saam met Heinrich en Maxine Thiart en Fred Euvrard die eienaars.

Heinrich glimlag toe ek hom sy mening vra: “Dis goeie blootstelling en ’n uitstekende ge-leentheid om te leer en so te vorder.”

Shot in the Dark

A Shot in the Dark, aangebied deur The Coffee Magazine met GENIO Intelligent Roasters, het in twee dele plaasgevind.

In die aanvanklike roosterronde om die Top 10 te bereik, het deelnemers groen, spesiali-teit koffiebone (ongerooster) ontvang. Hulle vermoë is op die proef gestel om die beste aroma en geur van die koffie vry te stel. Die ge-roosterde bone is teruggestuur om blindgetoets te word.

Die Top 10 is aangekondig, en siedaar: twéé van Jeffreysbaai se bestes het deurgedring – Ansophie van Routed Roasters by First Light en Percy van Infood Coffee Roastery.

Die finale ronde is tydens ’n kreatiewe koffieweek in Durban gehou. Deelnemers moes hul vars geroosterde koffiebone aan die beoordelaars voorlê.

Koffiekundige Trish Rothgeb van Wrecking Ball Coffee Roasters in San Francisco, VSA was een van die beoordelaars.

André Vermeulen van Bottomless Blessings Coffee Roastery (GENIO-eienaar) het met die louere weggestap, maar Jeffreysbaai is breëbors oor hule eie koffiesterre.

NEXT ON NEWS24X

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.