Lyk op strand dalk dié van tjokkaboot-visser

2017-08-31 06:01

NOG een van die vermiste tjokkaboot-vissermanne het moontlik die afgelope naweek by Port Elizabeth uitgespoel.

’n Lid van die gemeenskap het Saterdagmiddag op die lyk van ’n man op die Blouwaterbaaistrand afgekom.

Die man, met ’n T-hemp, kortbroek en tekkies aan, is op sy maag naby die roeiklubhuis aangetref.

Kapt. André Beetge, polisiewoordvoerder, sê die lyk was erg ontbind en kan dus nog nie geïdentifiseer word nie.

Beetge sê die polisie kan nie bevestig dat die lyk een van die vermiste vissermanne is nie, maar dié moontlikheid word ondersoek.

Sewe vissermanne het die voorval oorleef, terwyl agt vissermanne op 16 Julie in die oopsee vermis geraak het toe hul tjokkaboot, die Maredon, in die vroeë oggendure by St. Francisbaai in die moeilikheid beland en omge-slaan het.

Van die vissermanne se lyke het sedertdien op verskeie strande naby Port Elizabeth uitgespoel. Drie word steeds vermis.

Ian Gray, bevelvoerder van Port Elizabeth se Nasionale seereddingsinstituut (NSRI), het by navraag gesê die moontlikheid is groot dat die lyk een van die vermiste vissermanne kan wees.

“Ons is van geen ander sake bewus waar iemand vermis word of van ’n boot afgeval het nie, so die moontlikheid is beslis daar,” het Gray gesê.

Beetge sê die polisie het forensiese toetse gedoen en monsters van die lyk is weggestuur vir ontleding.

“Ons wil intussen die gemeenskap vra om te help met die uitken van die persoon. Indien iemand van hulp kan wees, kan hulle by die Swartkops-polisiekantoor aanmeld,” het Beetge gesê.

NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.