Man beboet oor hondelawaai

2018-01-25 06:01

’n Inwoner van Astonbaai is die afgelope week in die Humansdorp-landdroshof beboet omdat die familie se vele honde na ’n buurman se sin te veel lawaai het.

Die man wat anoniem wil bly, vertel dat sy buurman ’n klag aanhangig gemaak het, omdat sy twaalf honde op sommige tye van die dag so ’n kabaal opskop dat die bure besluit het tot hier toe en nie verder nie.

Hy is vroeër reeds gewaarsku om aandag aan die probleem te gee, maar die man se oorlede vrou was amptelik betrokke by die veilige bewaring van honde, en dit het die saak laat sloer. Na haar dood wou die kinders, wat in ’n ander provinsie woon, graag sien dat die diere nie summier weggemaak nie, maar dat hul moeder se werk op ’n waardige wyse be-ëindig moet word. Om dié rede het hy nie dadelik uitvoering gegee aan die waarskuwing nie.

Die munisipaliteit het ’n siviele amptenaar na die huis gestuur en die saak het in die hof gedraai. Die man is R500 beboet en aangesê om van die oortollige diere ontslae te raak. Hy het daarna met die hande in die hare gesit, omdat hy nie vir die diere ’n huis kon vind nie en hy onseker was oor die finansiële implikasies as hy die DBV met die honde belas. Intussen is werk gemaak van die hofuitspraak en die diere het nuwe eienaars gevind. Slegs die twee oudstes sal na die DBV geneem word.

Dit blyk dat meer inwoners in die omgewing die diere se geblaf lastig gevind het, maar nie almal nie.

Dit is, na verneem, téén plaaslike regula-sies om meer as vier honde per huishouding aan te hou. Daar word, volgens ’n bron, tans aan verdere wetgewing gewerk om die getal tot twee te beperk.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
 

Keep your family and pets safe from rabies

The recent outbreak of rabies in South Africa has brought to light how terrible this disease is and how as pet parents we need to be vigilant to keep our families safe.

 

Paws

5 scientific benefits of owning a cat
Why we love cats
8 great natural remedies for your pet
How to clean your dog’s eyes
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.