Man kry verlore beursie terug

2018-02-01 06:00
Was dit nie vir Bernadene Claassen (links) en Simoné Afrika (regs) van Humansdorp nie, was pensionaris André Joubert sy beusie kwyt.                     Foto:MONIQUE BASSON

Was dit nie vir Bernadene Claassen (links) en Simoné Afrika (regs) van Humansdorp nie, was pensionaris André Joubert sy beusie kwyt. Foto:MONIQUE BASSON

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

WAS dit nie vir twee weldoeners van Humansdorp nie, was ’n pensionaris van Jeffreysbaai sy beursie met al sy kaarte kwyt.

Danksy Simoné Afrika en Bernadene Claassen se goeie “speurwerk”, is André Joubert in ’n japtrap met sy beursie herenig na dié verlede Dinsdagoggend uit sy bakkie ver-dwyn het.

Volgens Joubert het hy vergeet om die linkerdeur van sy bakkie te sluit toe hy kliënte in Keetstraat besoek het. Sy beursie was in ’n sak op die sitplek.

Eers toe hy na sy besoeke die vullis agter op sy bakkie gaan aflaai en die helpers ’n fooi-tjie wou gee, het hy met ’n skok besef sy beursie is nêrens te vinde nie.

Die skok het binne minute in verligting en dankbaarheid verander.

Volgens Joubert het Afrika en Claassen uit hul pad gegaan om hom as die eienaar van die beursie te eien en om dit aan hom terug te besorg.

“Ons het onsself in sy skoene geplaas en gewonder hoe ons dit sal oorleef as ons al ons kaarte, insluitende ons identiteitsdokument en lisensie moes verloor en ons van vooraf moes aansoek doen daarvoor,” sê Afrika.

Afrika vertel dat hulle die beursie naby die Hoërskool Nico Malan opgetel het. Bekommerd dat iets met die eienaar kon gebeur het, het hulle dadelik daarvan werk gemaak om hom op te spoor.

Nadat talle navrae by besighede en inwo-ners geen resultate opgelewer het nie, het hulle twee “please call me” boodskappe na Joubert se selfoon gestuur in die hoop dat hy hulle sou bel. Hulle het sy nommer op sy Buco-pensionariskaart gevind. Maar hulle het geen reaksie gekry nie.

Vasbeslote om die eienaar op te spoor, maar sonder lugtyd, het hulle hul na hul verhuurder gewend om Joubert te skakel.

Joubert sê toe hy die oproep kry, het hy besef goeie mense bestaan steeds. “Ek kan nie beskryf hoe dankbaar ek is nie.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
 

And the Paws24 and Hill's winners are ...

Find out who the winners of our Paws24 pet pics and Q&a competitions are...

 

Paws

Keep your family and pets safe from rabies
5 scientific benefits of owning a cat
Why we love cats
8 great natural remedies for your pet
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.