Man skiet homself ná hy glo staatsamptenaar vermoor

2016-07-14 06:00

DIE polisie in Humansdorp het ’n moordsaak geopen nadat ’n man glo ’n werknemer van die Departement van Openbare Werke in sy kantoor doodgeskiet het – en die wapen toe op homself gerig het.

Volgens sers. Majola Nkohli, polisiewoordvoerder, het die gewapende man (52) verlede Woensdag omstreeks 07:30 by die departement se gebou in Stasiestraat ingestorm.

“Hy het na bewering na die kantoor van Christian Crouse (56), ’n werknemer van die departement, gegaan,” sê Nkohli.

Hy het Crouse glo talle kere geskiet.

“Die slagoffer is op die toneel oorlede, terwyl ’n vrou wat ten tyde van die voorval by Crouse was, uit die kantoor gevlug het.”

Die man, wat volgens Nkohli homself ook geskiet het, is as Rudolf Meiring (52) geïdentifiseer.

’n Rewolwer is ook op die toneel gevind.

Die polisie sal ’n geregtelike doodsondersoek doen.

NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 

Matric Results are coming soon!

Notify me when results become available

This site is protected by reCAPTCHA and the Google Privacy Policy and Terms of Service apply.

/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.