Marienne: stil-stil ’n Springbok

2017-10-19 06:01
Op 74 is Marienne Strydom die ene grasie en elegansie, en bring sy haar tyd deur met bak en lees en die geselskap van haar dogter.               Foto:VERSKAF

Op 74 is Marienne Strydom die ene grasie en elegansie, en bring sy haar tyd deur met bak en lees en die geselskap van haar dogter. Foto:VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

SY leef so rustig op Jeffreysbaai dat selfs haar bure nie weet sy is ’n Springbok nie.

Op 74 is Marienne Strydom die ene grasie en elegansie en bring sy haar tyd deur met bak en lees en die geselskap van haar dogter. Dit was nie altyd so nie, want haar loopbaan as hospitaalsuster en Springbok-veerpyltjiekampioen het haar vir baie jare in ’n warrelwind van werk en reis en kompetisies laat rondhardloop.

Ná matriek by Hoërskool Brandwag in Uitenhage het sy 3½ jaar lank aan Scharly Cribb-verpleegsterskollege gestudeer en as suster gekwalifiseer met teater en algemeen as spesialisering. Sy is egter op 21 deur haar verliefde man opgeraap en het op sy versoek die elke dag se reis hospitaal toe vir haar huis verruil. Sy het dokters geassisteer en 8 jaar lank as as fabrieksuster gewerk. In 1980 het sy rustiger geraak.

Terwyl die manne eendag tuis weer veerpyltjie speel, het hulle die vrouens nadergeroep om in die pret te deel. Toe sy die pyltjie in haar hand voel en begin gooi, is ’n kampioen gebore. Toe die gogga behoorlik byt, gaan sy en vier vriendinne eendag by Drostdy Park in ’n groot kompetisie deelneem en wen sy die enkelspel, en sy met die vriendinne die spantitel. Daarna wou klubs haar in hul geledere hê, maar sy en haar spelmaats het die Swiss-Dames Veerpylklub begin.

Voordele het begin inrol toe ’n klub in PE haar naderhark. Haar brandstof en ander kostes is betaal en sy het hulle beloon deur pryse en bekers in te palm. Daarvandaan was dit heelpad boontoe. In 1983 het sy, na SA-proewe, die OP-span gehaal en die beker vir die meeste honderde gewen. Sommer in 1984 was sy Oostelike Provinsie se nommer een speler en het sy uit Pretoria na Kaapstad gevlieg, waar sy, nog as lid van die O.P.-span, die geslote enkelspel gewen het.

1984 was ’n hoogtepunt, want sy het toe ook haar Springbokkleure gekry en in Londen (VK) gaan deelneem. Hierdie prestasie het sy die volgende jaar herhaal en agtereenvolgens in Hawaiï deelgeneem en in 1986 in Spanje, waar sy die vyfde plek in die wêreld losgespeel het. Die res van die jaar het haar span in die Suid-Afrika getoer, omdat visums gestop is. Hulle het as Springbokspan getoer en heeltemal skoonskip gemaak in al die provinsies. In 1987 het sy in Harare en ander Afrika-lande titels gewen. In 1990 was sy weer die enkelspelkampioen.

Sy het nog tot 1992 getoer en in 1993 opgehou met speel, omdat sy bereik het wat sy wou. In die jare waarin sy deelgeneem het, was daar geen vroulike gooier wat meer 100’s en 180’s as sy kon gooi nie. Sy sê dat totale fokus, veral op haar gewrigbeweging, die geheim van haar sukses was. En dan het sy nie by drank betrokke geraak nie. Sy wou speel en dit geniet, niks anders nie

Hierdie gedrewe persoonlikheid het een reël vir haarself neergelê: Haar familie het eerste gekom in ’n uiters besige loopbaan. Daarvoor het sy absolute selfbe-heersing beoefen. Maar daarby het sy haarself altyd geforseer om te verbeter en kon sy maklik in haarself teleurgesteld raak as sy nie haar doelwitte bereik nie. Te midde van alles, het sy en haar man mekaar 58 jaar geken en het hulle ’n baie ge-lukkige huwelik gehad. Uit die huwe-lik is twee seuns en ’n dogter gebore.

Deesdae is sy gelukkig tuis met haar hondjies, haar lees- en bakwerk. En haar lewensleuse? “Ek glo God,” sy met oortuiging.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
 

5 scientific benefits of owning a cat

According to science, just the act of watching cats itself can bring about positive emotions – so it comes as no surprise then, that owning a cat has a number of benefits.

 

Paws

Why we love cats
8 great natural remedies for your pet
How to clean your dog’s eyes
This special pooch inspired his brother to learn to stand again
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.