Matrieks benodig rokke vir afskeid

2018-06-14 06:00
Help Deodette le Roux om ’n matriekmeisie soos ’n ware prinses te laat voel.                                                Foto:MONIQUE BASSON

Help Deodette le Roux om ’n matriekmeisie soos ’n ware prinses te laat voel. Foto:MONIQUE BASSON

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

HET jy iewers ’n aandrok in jou kas wat ’n Aspoestertjie in ’n prinses kan verander?

Ja? Stof af daardie lang-vergete uitrusting en help minderbevoorregte meisies van Kouga se drome van ’n perfekte matriekafskeid waar word.

Hoe werk dit? Jeffreysbaaier Deodette le Roux het vroeër vanjaar die Prinses-Projek, ’n internasionale projek, in Jeffreysbaai van stapel gestuur. Dié projek, oorspronklik begin deur die voormalige Mej. Suid-Afrika in 2008, Jo-Ann Strauss, poog om meisies wat goed op skool presteer, se matriekafskeid spesiaal te maak.

“Hierdie projek gaan daaroor om vir meisies wat nie ’n uitrusting kan bekostig nie, die geleentheid te gee om na hul matriekafskeiddans te gaan en soos ’n prinses te voel in ’n pragtige rok,” vertel Deodette.

“Inwoners kan hul rokke, skoene en by-komstighede aan die projek skenk, wat dit dan weer aan geskikte meisies uitleen wat weens finansiële redes nie matriekafskeid toe kan gaan nie.”

Maar Deodette neem die projek ’n tree verder.

“Die Prinses-projek voorsien rokke, skoene en bykomstighede, maar wat van die grimering, hare, handsakke en onderklere?” vra sy. En dus, as daar nood is, sal sy die kinders hiermee ook help. “Jy wil mooi lyk én voel,” sê sy.

“Baie leerders wat nie die klere of ander luukse bederfies kan bekostig nie, kies noodgedwonge om hul spesiale aand mis te loop. Onderwysers by die verskeie skole in die dorp is op die uitkyk vir hierde leerders en vewys hulle na die Prinses-projek.

Dit gaan hopelik talle meisies help om ’n onvergeetlike herinnering te bou wat hulle moontlik nie andersins sou gehad het nie.

Deodette het twee voorwaardes vir ma- triekmeises om vir die mooimaak-sessie in aanmerking te kom: pligsgetroue skoolbywoning en ’n goeie gemiddelde klaspunt.

Meisies moet verder R150 betaal. Die geld word vir die skoonmaak en opknapping van rokke aangewend, asook vir grimering en ander bykomstighede.

Tot op hede help sy 16 matriekmeisies van die Humansdorp Sekondêre Skool, die Learning Academy in Jeffreybaai, die Jeffreys Bay Comprehensive High School en JBay Academy.

Deodette benodig ’n versameling uitrusting van verskeie grootttes en style. Sy verlang donasies van die volgende items: aandrokke, skoene, handsakke, juwele en grimering.

Hulp word ook benodig met die mooimaak-sessies op die aand van die geleentheid - met die grimering, hare, aantrek, neem van foto’s en selfs met die vervoer in ’n spoggerige motor.

Sop en wyn

’n Fondsinsameling sop-en-wyn geleentheid word op 16 Junie vanaf 14:00 tot 17:00 by Potter’s Place in Oosterlandstraat, Jeffreysbaai gehou.

Die wenner van ’n handgehekelde kombers van Webb of Love sal op die dag bekendgemaak word. Lootjies teen R5 elk, is by Mengelmoes Kardoes, Wildside en Potter’s Place be-skikbaar.

Toegang is R70 en sluit sop en ’n glas wyn in. Donasies van ’n rok, juwele, grimering of skoene is ’n vereiste op die dag.

Fondse sal gebruik word om onderklere en ander benodigdhede vir die matriekmeisies te koop.

Vir meer inligting, skakel Deodette by 066 202 8479.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic

Jobs in Cape Town [change area]

Jobs in Western Cape region

Reporting Accountant

Cape Town
Network Finance Professional / Prudential
R310 000.00 - R360 000.00 Per Year

SQL Reporter

Cape Town
Communicate Cape Town IT
R10 000.00 - R12 000.00 Per Month

HSE Manager

Cape Town
Tumaini Consulting
R550 000.00 - R650 000.00 Per Year

Property [change area]

There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.