Meer aksie én lawaai by vliegveldfees

2018-04-12 06:03
By vanjaar se Wings & Wheels-fees gaan daar groot lawaai en baie vier- en tweewielaksie wees, sowel as vlugte in ligte vliegtuie.       Foto:HEILIE COMBRINCK

By vanjaar se Wings & Wheels-fees gaan daar groot lawaai en baie vier- en tweewielaksie wees, sowel as vlugte in ligte vliegtuie. Foto:HEILIE COMBRINCK

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIE wiele, vliegtuigskroewe en koppe gaan draai met vanjaar se Wings & Wheels-fees wat einde vandeesmaand by die Uitenhage vliegveld aangebied word.

“Dit is tyd dat ons die tempo so bietjie opdraai en meer lawaai maak. So, van twee tot vier wiele, vlerke tot op die verhoog gaan daar genoeg aksie van vroeg tot laat wees,” sê Lourens Kruger, organiseerder van die Wings & Wheels-fees.

’n Hele rits nuwighede is deel van die dag se program soos waaghalsspronge met motorfietse en optredes vanaf 17:00 deur bekende sangers soos Deon Groot, Wicus van der Merwe, Elizma Theron en Snotkop.

“Wat anders is vanjaar is dat dit nie meer ’n lugskou is nie, maar dat vliegtuie van oral af gaan invlieg en uitgestal word. Feesgangers het gesê hulle wil graag naby die vliegtuie kom en met vlieëniers gesels,” sê Kruger.

Vir die eerste keer by die fees kan besoekers ook ritte geniet in ’n ligte vliegtuig, gemoto-riseerde sweeftuig en helikopter.

4x4 Nasionale uitdaging

Die 4x4 baan is nog dieper en méér uitdagend gemaak, en sowat 60 deelnemers van regoor die land het reeds ingeskryf om aan die nasionale uitdaging deel te neem. ’n Addisionele baan is ingerig vir kommersiële 4x4 voertuie waar bestuurders hulle vernuf kan toets.

Nog ’n nuutjie by vanjaar se karre-en-vliegtuigfees is ovaalbaanmotors wat ’n paar truuks van dié motorsport gaan wys.

Vliegkuns

’n Asemrowende vliegkuns-vertoning sal deur Patrick Davidson tussen 12:00 en 13:00 gelewer word. Hy sal tydens die vertoning heeltyd per radio met toeskouers gesels en vertel wat hy aanvang.

Davidson is die eerste Suid-Afrikaner wat aan die Challenger Class van die Red Bull Air Race deelneem.

Die 36-jarige internasionale vlieënier was op die ouderdom van 25 Suid-Afrika se jongste vliegkuns-kampioen nadat hy aan die FAI World Aerobatic Championship deelgeneem het.

Die Wings & Wheels-fees word op Saterdag, 28 April gehou. Hekke maak 08:00 oop en die gebruiklike optog van allerlei vier- en tweewiele begin om 08:30 by die VW AutoPavilion en sal deur die Caledonian doedelsakorkes by die vliegveld ingewag word vir die amptelike opening om 10:00.

Toegang is R80 vir volwassenes en R30 vir laerskoolkinders, terwyl kinders onder 6-jaar gratis toegang geniet. Vir inligting, besoek die Wings & Wheels Facebook-blad of skakel Lourens Kruger by 082 320 2615.

NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.