Meisie (11) swem 7.6km in koue see

2018-01-18 06:00
Abriella Bredell van St. Francisbaai, wat die swemtog van Robbeneiland tot by Grootbaai aangepak het, het moedig, kaalvoet en sonder ’n duikpak deur die seewater van 14 °C geklief – rigting Bloubergstrand.                                          Foto:TARYN RUSS

Abriella Bredell van St. Francisbaai, wat die swemtog van Robbeneiland tot by Grootbaai aangepak het, het moedig, kaalvoet en sonder ’n duikpak deur die seewater van 14 °C geklief – rigting Bloubergstrand. Foto:TARYN RUSS

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

HAAR grootste vrees het Vrydag kort ná 08:00 sommer eerste aan die beurt gekom: bamboes!

Maar Abriella Bredell van St. Francisbaai, wat die swemtog van Robbeneiland tot by Grootbaai aangepak het, het moedig, kaalvoet en sonder ’n duikpak deur die seewater van 14 °C geklief – rigting Bloubergstrand.

Met slegs ’n pienk baaibroek, silwer swempet, helderblou swembril, swart polshorlosie en ’n Vaseline-gesmeerde lyf het die 11-jarige op ’n warm en windlose Kaapse oggend die jongste swemmer geword wat die 7,6 km vanaf die wêreldberoemde eiland tot by Grootbaai se menseredderstasie afgelê het.

Pa Pierre was deurgaans langs haar op een van twee rubberbote wat haar en ’n volwasse medeswemmer vergesel het.

Die boot was met ’n haai-afweertoestel toegerus vir ingeval ongenooide gaste sou aanmeld, het Bredell gesê en bygevoeg dat sy dogter banger vir seegras en bamboes as vir die seestrome of haaie is.

Haar ma, Lauryn, het die jong swemmer saam met sowat 200 mense ingewag toe sy sowat 3 uur en 20 minute later in die vlak water orent kom en met ’n nuwe rekord onder die belt na die strand stap.

Die bekende swemmer en ’n veteraan van dié swemroete, Theodore Yach, was ook daar om haar geluk te wens. “Dis absoluut merkwaardig. Dis wêreldklas.

“Dit gaan alles daaroor om die koue te klop,” het hy gesê en bygevoeg dat sy nou die jongste swemmer is wat hierdie prestasie behaal het.

Volgens haar pa het sy haar baie deeglik voorberei vir hierdie dag. Hy het gesê dit is ’n baie emosionele oomblik vir hom, want dit het gevolg op twee jaar se harde werk.

’n Verklaring op die BackaBuddy-geldinsamelingsplatform het die gesin die swemtog gebruik om geld vir Abriella se gunsteling-welwillendheidsorganisasie, die Rooi Kruis-kinderhospitaal, in te samel.

“Sy swem ses dae van die week en kry fisio-terapie, en op Sondae swem sy 8 km. Toe sy vir my vanoggend voor die tyd sê dat sy senuagtig is, het ek gesê hierdie is maar net haar gewone Sondagswem,” het Lauryn gesê.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic

Jobs in Cape Town [change area]

Jobs in Western Cape region

SQL Reporter

Cape Town
Communicate Cape Town IT
R10 000.00 - R12 000.00 Per Month

Reporting Accountant

Cape Town
Network Finance Professional / Prudential
R310 000.00 - R360 000.00 Per Year

HSE Manager

Cape Town
Tumaini Consulting
R550 000.00 - R650 000.00 Per Year

Property [change area]

There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.